FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Geingob Sondag begrawe, Maandag vakansiedag

Henriette Lamprecht
Wyle president Hage Geingob word Sondag 25 Februarie amptelik begrawe, met die dag wat ook as ’n amptelike vakansiedag verklaar sal word. Omdat die vakansiedag op ’n Sondag val, sal Maandag 26 Februarie gevolglik ’n openbare vakansiedag in Namibië wees. Volgens president Nangolo Mbumba sal die amptelike gedenkdiens vir die ontslape president Geingob op Saterdag 24 Februarie by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaasvind. Reëlings word tans getref om lede van die publiek wat die diens wil bywoon, na en van die stadion te vervoer. Vandag en môre sal die daaglikse gedenkdienste by die Windhoek Skougronde plaasvind, terwyl die dienste vir Woensdag tot Vrydag (14 – 16 Februarie) by die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) se sentrum in Katutura gehou sal word. Dié daaglikse gedenkdienste vind van 18:00 tot 20:00 plaas. Geen van die dienste sal meer by die tuiste van wyle Geingob en sy vrou Monica Geingos buite Windhoek plaasvind nie. ’n Beroep word ook op die publiek gedoen om nie hier te vergader nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!