MAYBE NOT SO TRIVIAL: Finance minister Iipumbu Shiimi has responded to a comment by Botswana’s president Mokgweetsi Masisi that he is Namibia’s next vice-president. PHOTO: FILE
MAYBE NOT SO TRIVIAL: Finance minister Iipumbu Shiimi has responded to a comment by Botswana’s president Mokgweetsi Masisi that he is Namibia’s next vice-president. PHOTO: FILE

Gissings oor visepresidentskap is 'tydmors'

Masisi se uitlating plaas finansminister onder druk
Die minister van finansies het die president van Botswana se opmerking afgemaak as "onbelangrik" en nie iets om "tyd op te mors nie".
Ogone Tlhage
Namibië se minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het ‘n onlangse opmerking deur Botswana se president dat hy Namibië se volgende visepresident is, as onbelangrik afgemaak.

Shiimi was teenwoordig by die sewende beraad van die staats- of regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) in Gaborone, Botswana, wat onlangs afgehandel is.

In ‘n video wat wyd gedeel is, het die president van dié buurland, mnr. Mokgweetsi Masisi, Shiimi aan die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa as Namibië se toekomstige visepresident voorgestel.

Toe ons susterkoerant Namibian Sun Shiimi se reaksie op Masisi se opmerkings gevra het, het hy geantwoord: “Ek weet julle het belangriker dinge om te doen, moet asseblief nie julle tyd mors met onbenullige dinge soos daardie nie.”

Shiimi, ‘n voormalige bankier by die Bank of Namibia (BoN), is in Maart 2020 as goewerneur en minister van finansies aangestel deur president Hage Geingob, wat hom onder agt niestemgeregtigde parlementslede gekies het.

Dié opmerkings kom op ‘n tydstip wat die politieke klimaat in Namibië besig is om kookpunt te bereik in afwagting van ‘n Swapo-kongres wat na verwagting later vanjaar sal plaasvind.

Shiimi was die afgelope tyd een van Geingob se oogappels, wat deel vorm van die president se staatmaakspan wanneer dit kom by buitelandse reise wat die presidensie onderneem.

BANDE

Terwyl die minister van finansies dalk nie oor die nodige kapitaal beskik om hom na die topvlak van die land se politieke toneel te dryf nie, tel sy posisie as gesoute tegnokraat en sy nabyheid aan maghebbers sekerlik in sy guns.

Ontleders het ook aangedui dat Masisi se woordkeuse boekdele spreek oor die hegte vriendskap wat hy met sy Namibiese eweknie deel.

Die Botswana-president is gereeld in kontak met Geingob, soos die Namibiese staatshoof onlangs by Staatshuis erken het.

“President Masisi, [ons praat] miskien byna daagliks, so ek is in kontak met mense,” het hy gesê.

“Ons het ongeveer 14 presidente – ons werk nie deur sekretaresses nie, ons bel mekaar net,” het Geingob bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!