Grondoorhandiging lei tot omstredenheid
'Dinge moet reg gedoen word'
Die regering word gekritiseer omdat dit nie grond van grootskaalse plaaseienaars binne die streek gekoop het om betekenisvolle gemeenskaplike ruimtes te skep nie.
Die regering se onlangse besluit om 8 000 hektaar grond aan die |Khomanin Tradisionele Owerheid toe te ken, het gemengde reaksie onder die gemeenskap en belanghebbendes tot gevolg gehad.
Sommiges sien dit as ’n stap in die regte rigting, maar ander beskou dit as onvoldoende en kritiseer die gebrek aan deursigtigheid.
Die oorhandiging kom ná jare se geskil oor kommunale grondregte in die Khomasstreek en daar is gemeenskapslede wat dit beskou as historiese ongeregtigheid wat uiteindelik aangespreek word. Die grondaktivis, Shaun Gariseb, wat lank reeds aan die voorpunt van hierdie kwessie is, het egter sy skeptisisme in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) uitgespreek. Hy meen dit is ’n "rookskerm" en beklemtoon dat die grond buite die Khomasstreek geleë is. Hy voer aan dat dit nie die gemeenskap se voorvaderlike verbintenis met grond binne Khomas of die breër behoefte aan billike grondverspreiding takel nie.
"Jy wil nie skepties wees oor alles wat gedoen word nie, maar dinge moet reg gedoen word. As jy dinge regstel, as daar herstellende geregtigheid is, moet dit eerlik en korrek wees," het hy gesê.
'VOORVADERLIKE GROND'
Gariseb het beklemtoon die Khomasstreek is sowat 3,7 miljoen hektaar groot, waarvan baie aan private eienaars behoort. Hy het die regering gekritiseer omdat hulle nie grond van grootskaalse plaaseienaars binne die streek gekoop het om betekenisvolle gemeenskaplike ruimtes te skep nie.
"Daar is hierdie idee dat ons vir grond gesmeek het. Ons vra nie vir liefdadigheid nie. Ons vra vir wat regmatig ons s'n is."
Gariseb het verder die onderskeid tussen kommunale grond en voorvaderlike grond getref wat die gemeenskap se geskiedkundige bande met spesifieke gebiede benadruk.
Hy het ook kommer uitgespreek dat die toegekende grond se ligging en grootte tot oorbevolking en onproduktiwiteit kan lei, wat uiteindelik nedersettings tot gevolg kan hê, eerder as die skep van florerende landbougemeenskappe.
DEURSIGTIGHEID
Gariseb het die deursigtigheid van beide die regering en die |Khomanin Tradisionele Owerheid bevraagteken. Volgens hom het klagskrifte wat aan die regering oorhandig is en duidelikheid oor grondherverdeling eis, onbeantwoord gebly.
Die onlangse oorhandiging is na bewering sonder voldoende konsultasies met die gemeenskap uitgevoer en dit het glo mense se ontevredenheid verder aangevuur.
"Daar is ’n gebrek aan deursigtigheid van die tradisionele owerheid en die gemeenskap is nie gelukkig daaroor nie," het hy beweer.
Die oorhandiging, wat deur staatsamptenare as ’n "geskiedkundige gebeurtenis" beskryf word, is eerder deur kritici bestempel as ’n voortsetting van vorige ongeregtighede. Gariseb het sy diepe teleurstelling uitgespreek en beweer dat die proses gemeenskappe oningelig gelaat het.
Kritici meen die gebrek aan konsultasie het die gemeenskap verdeeld en kwaad gelaat met baie wat voel dat beide die regering en hul tradisionele leiers verraai is.
"As ons dit nie nou regstel nie, sal toekomstige geslagte selfs meer ly," het Gariseb gesê.
Gemeenskapslede het verder beweer dat regeringsamptenare sleutelbelanghebbendes omseil het, insluitend dié wat direk geraak word en eerder net met tradisionele owerhede in gesprek was.
Gariseb het bevraagteken waarom so ’n gebeurtenis, wat na bewering vordering vier, in die geheim gehou is: "Waarom noem jy dit ’n geskiedkundige oomblik en betrek nie die gemeenskap nie? Jy het joernaliste en selfs platejoggies by die geleentheid gehad, maar nie die einste mense wat veronderstel is om uit die grond voordeel te trek nie."
DIE GROTER PRENTJIE
Gariseb se beroep tot optrede strek verder as die toegekende 8 000 hektaar grond. Hy het die regering versoek om met plaaseienaars in die Khomasstreek in gesprek te tree en grond te koop om billike verdeling te verseker. Hy meen dat die vestiging van klein, geïsoleerde stukke gemeenskaplike grond nie die kwessie sal oplos nie.
"Dit lyk of die regering die probleem oplos, maar in werklikheid mislei hulle ons," beweer Gariseb.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie