Die tweede grondkonferensie het byna vyf jaar gelede, in 2018, plaasgevind. Foto Ronelle Rademeyer
Die tweede grondkonferensie het byna vyf jaar gelede, in 2018, plaasgevind. Foto Ronelle Rademeyer

Grondresolusies: Net 25 uit 176 ten volle toegepas

Jemima Beukes
Tot op hede het die regering nog net 25 van die 176 resolusies van die tweede grondkonferensie wat byna vyf jaar gelede in 2018 plaasgevind het, ten volle geïmplementeer.

Dit is volgens inligting wat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, bekend gemaak het toe sy haar voorgestelde begroting van N$394 miljoen vir die bedrywighede van haar kantoor vir die 2022-‘23-boekjaar gemotiveer het.

“Die hoëvlakkomitee oor die tweede grondkonferensie het kwartaalliks vergader om die implementering van die resolusies van dié konferensie te hersien. Tot op hede is 25 van die 176 resolusies ten volle geïmplementeer, en 133 is tans in die proses. Die res het reeds ten tye van die konferensie bestaan,” het sy gesê.

GEEN OPREGTHEID

Hoofman Petrus Simon Kooper van die Vereniging van Nama Tradisionele Leiers (NTLA), het hierop gereageer en gesê dit is baie duidelik dat die regering doelbewus hul voete sleep met die implementering van die resolusies wat die lewens van Ovaherero- en Nama-mense wat tydens die volksmoord ontheem is, sal verbeter.

Hy voer aan die regering gebruik bloot die volksmoord en kwessies wat daarmee verband hou as ‘n taktiek om stemme vir die komende verkiesings in 2024 te werf.

“Dis reeds vier jaar en hulle vertraag en vertraag net die implementering van hierdie resolusies. Dit skep twyfel oor hul opregtheid as regering, want ons kan hulle reeds nie vertrou nie, hulle kom nie hul beloftes na nie. Hulle moet begin besef hierdie land behoort nie net aan een groep mense nie en dat die Nama- en Ovaherero-mense die meeste geraak en seergemaak is,” het hy gesê.

Kwessies van grondbesit en aanvullende faktore soos voorvaderlike grondregte en reparasie; die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper; die onteiening van landbou- (kommersiële) grond in die publiek se belang; en die nasionale grondhervormingsprogram was van die aktuele onderwerpe wat tydens die konferensie in 2018 bespreek is.

Ander belangrike kwessies sluit in die verwydering van die veterinêre kordonheining (rooilyn) en stedelike grondhervorming en hervestiging.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!