Gróót geld vir groot armoede
Nóg verligting vir onderwys, gesondheid
'n Bedrag van N$69,8 miljoen is beskikbaar om nóg sowat 30 000 wees- en kwesbare kinders te help wat tans op 'n waglys is.
Jo-Maré Duddy en Dani Booysen – Bykans N$1,5 miljard gaan binne die volgende drie begrotingsjare in gesondheid en basiese onderwys vir beter infrastruktuur en meer personeel ingepomp word.
Sowat N$700 miljoen vir opknappings aan gesondheidsfasiliteite, meer mediese personeel, ambulanse en medisyne is in die 2023-’24- tot 2025-’26-begrotingsdokumente opsy gesit, wat finansminister Iipumbu Shimmi gister in die parlement ter tafel gelê het.
In die 2023-’24-begrotingsjaar, wat op 1 April begin, is N$9,7 miljard aan gesondheid en maatskaplike dienste toegeken. Tot 2025-’26 (MTEF) is die totaal N$29,4 miljard.
Vanjaar is N$16,8 miljard vir basiese onderwys beskikbaar. Oor die MTEF beloop dit N$51,2 miljard.
Meer as N$200 miljoen is vir nóg onderwysers beskikbaar, terwyl N$570 miljoen vir die bou en opknapping van veral klaskamers en koshuise bedoel is.
Shiimi se tema van sy jongste begroting is “ekonomiese oplewing en versorging van die armes”.
“Ek dien hierdie begroting in met die volle bewustheid en erkenning van die voortgesette swaarkry wat deur die meeste van ons burgers in die uithoeke van ons geliefde land ervaar word,” het Shiimi gesê.
“Jul regering het julle nie vergeet nie en jul regering gee om,” het hy benadruk.
Syfers
In totaal beplan die regering om vanjaar sowat N$84,6 miljard te bestee, sowat N$9,7 miljard of bykans 10% méér as in 2022-’23.
Staatsdiensamptenare se totale vergoedingspakkette gaan die belastingbetaler in 2023-’24 bykans N$32,9 miljard uit die sak jaag, omtrent 2,6% hoër as in 2022-’23.
Totale inkomste van sowat N$74,7 miljard word geteiken, ‘n styging van sowat 16,5%. Hiervan gaan inkomste uit die poel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) vir sowat N$24,3 miljard sorg.
Dit gaan die regering met ‘n begrotingstekort van bykans N$9,9 miljard laat, kleiner as die bykans N$11 miljard in 2022-’23. Namibië se totale skuld sal na verwagting van N$141 miljard tot sowat N$150,9 miljard styg.
Verligting
Seniorburgers se pensioen styg vanaf 1 April met ‘n N$100 tot N$1 400 per maand. Só ook die maandelikse ongeskiktheidstoelaag. Die maandelikse toelaag vir wees- en kwesbare kinders verhoog van N$250 tot N$350 per maand.
Die ongeskiktheidstoelaag vir begunstigdes jonger as 18 styg van N$250 tot N$1 400 per maand.
‘n Bedrag van N$69,8 miljoen is beskikbaar om nóg sowat 30 000 wees- en kwesbare kinders te help wat tans op ‘n waglys is.
SOE’s
Die bydraes tot verskeie openbare ondernemings is gesny. Sommige kry ietwat meer, maar hier is die plekke waar groot geld ingepomp gaan word: Die sukkelende Agentskap vir Landbou-bemarking en –handel (Amta) kry jaarliks vir drie jaar N$72 miljoen, wat optel tot N$216 miljoen.
Agribusdev gaan N$75 miljoen per jaar kry.
Meatco kry ‘n kortkop minder teen N$66,7 miljoen per jaar; som N$200 miljoen.
Die land se instituut vir patalogie, die NIP, kan reken op N$107 miljoen en nog byna N$200 miljoen in die volgende twee begrotingsjare.
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het eenmalig N$47,5 miljoen nodig; daar is N$50 miljoen vir NWR in die toerismebedryf, gevolg deur ewe veel in die komende twee boekjare; en die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) kry N$55,9 miljoen per jaar.
TransNamib sal egter tot volgende jaar moet wag vir N$50 miljoen se bystand en ewe veel die jaar daarna.
Die Mededingendheidskommissie (NaCC) se bystand spring van N$17 miljoen tot N$24 miljoen en meer per jaar, maar die nasionale uitsaaier, die NBC, sal met effens minder oor die weg moet kom, N$310 miljoen tot N$320 miljoen per jaar.
Die Namibiese Persagentskap (Nampa) se koste verdubbel byna tot ‘n jaarlikse N$27 miljoen en die dagblad van die staat, New Era, se subsidie verhoog van N$10 miljoen tot N$27,5 miljoen per jaar.
Namra, die belastingagentskap, gaan meer as N$900 miljoen per jaar kry teenoor die vorige N$400 miljoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie