Hage sal in hoofstad in staatsie lê
Sy oorskot sal nie na die streke vervoer word
'n Roudiens vir Namibië se ontslape president sal Woensdag by die Onafhanklikheidsarena gehou word.
Die ontslape president Hage Geingob sal in staatsie in Windhoek lê en sal op Sondag 25 Februarie in die Heldeakker buite die hoofstad begrawe word.
Sy oorskot sal egter nie na die streke vervoer word om inwoners die kans te gun om hul laaste eer aan die ontslape president te betoon voor hy begrawe word nie.
Kennisgewing 6 van 2024 is op 16 Februarie 2024 in die Staatskoerant gepubliseer en is deur die huidige staatshoof Nangolo Mbumba onderteken.
Gevolglik word die eerbewys van nasionale held aan Namibië se derde president, die eertydse eerste minister en voorsitter van die grondwetlike vergadering toegeken.
Geingob se lewe – van sy geboorte op 3 Augustus 1941 tot sy dood op 4 Februarie 2024 – word landswyd vanaf 5 Februarie tot 25 Februarie met ’n nasionale tydperk van rou vereer.
Al die landsvlae word tot Sondag net halfmas gehys en al Geingob se foto’s moet met ’n swart lint – wat aan die linkerkant van die foto vasgemaak is – versier word.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, het Vrydag by monde van die nasionale uitsaaier gesê die voorbereidingskomitee onder leiding van die eerste minister, Saara Kuugongelwa Amadhila, en in oorleg met die Geingob-familie, het besluit om daaglikse roudienste vanaand en môreaand by die familie se huis, Casa Rosalia, voort te sit.
’n Roudiens sal Woensdag by die Onafhanklikheidsarena in Katutura gehou word. Die roudienste duur vanaf ses- tot agtuur die betrokke aande.
Theofelus het in haar uitgesaaide toespraak gesê eredienste in die streke sal voortgaan soos saamgestel deur die betrokke streekgoewerneurs in oorleg met die sentrale regering.
“Wyle president Hage G. Geingob se oorskot sal in Windhoek bly. Die herdenkings en ander gebeurtenisse in Windhoek en oraloor die land het voortgegaan sonder die ontslape president se oorskot. Ons pleit dus by alle burgers en instansies landswyd om voort te gaan met hul herdenking van die ontslape president, selfs in die afwesigheid van sy oorskot.”
Toe Mbumba gevra is of daar enige geleentheid vir die publiek sou wees om Geingob se oorskot te besigtig, het hy geantwoord: “Ja, volg die aankondigings van die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie.”
Die uitvoerende direkteur van die ministerie, dr. Audrin Mathe, het die versekering gegee dat die ministerie al die besonderhede oor die begrafnis by die regering se inligtingsentrum beskikbaar sal stel, soos toepaslik.
Die presidensiële woordvoerder, Alfredo Hengari, het bevestig dat die ontslape president se oorskot by die parlementstuine in staatsie sal lê. Theofelus het ook bevestig en sê: “Ja die publiek sal ’n kans gegun word om die oorskot van ons geliefde wyle president Hage G. Geingob te besigtig gedurende die amptelike (oggend) gedenkdiens by die Onafhanklikheidstadion en waar hy (die namiddag) in staatsie sal lê op 24 Februarie 2024.”
Onduidelikheid bestaan nog oor ’n versoek van die Damara-koningsraad om tradisionele afskeidsrituele te kan uitvoer, volgens die raad se sekretaris-generaal, Abner Xoagub.
Volgens stamlid Rosa Namises is die rituele baie belangrik veral vir ouer lede van die Damara-stamme. Spesifiek die ||Gōa ǂNobos-ritueel wat voor sonsopkoms op die dag van die begrafnis uitgevoer word, om afskeid te neem van die oorlede. Dit lê die lede van die stam waaruit Geingob kom, na aan die hart, sê sy.
Namises sê hulle hoop om ten minste ná die amptelike seremonies by die parlementstuine die geleentheid te kry om die aand tyd saam met sy oorskot deur te bring.
“Dit sou baie hartseer wees as ons nie só kan afskeid neem nie, en vir die ouer mense is dit baie belangrik om ook ons voorouers te vertel wat gebeur het, om hulle te vra om hom te verwelkom,” sê sy.
– augetto@[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie