Haglike toestande in tronke ondersoek
Byna 90% van geriewe voor 1990 gebou
'n Verslag maan dit is noodsaaklik dat ruimtes soos tronke en aanhoudingselle as rehabilitasie eerder as net 'n strafmaatreël beskou word.
Oorbevolking, te min toiletgeriewe en ’n “ontsettende gebrek” aan toegang tot voldoende gesondheidsdienste.
Dié toestande hou ernstige uitdagings in en benadeel die waardigheid van gevangenes, het ’n ondersoek na die haglike toestande in tronke en aanhoudingselle in die land bevind. Die parlementêre staande komitee oor buitelandse sake, verdediging en sekuriteit het polisiekantore, tronkselle, tronke en weermagbarakke in die land se 14 streke besoek. Onderhoude is ook met die hoofde van die onderskeie geriewe, sowel as gevangenes, gevoer.
Die doel van die ondersoek was onder meer om die menseregte van alle aangehoudenes met waardigheid te beskerm, wat verder erg belemmer word deur die voorsiening van maaltye wat “ontstellend gebrekkig” aan enige voedingswaarde is. Onderhoude met gevangenes het onthul hulle ontvang dikwels swak gebalanseerde maaltye wat nie die noodsaaklike voedingstowwe vir goeie gesondheid bevat nie.
Dié voedingstekorte kan tot ’n magdom gesondheidsprobleme lei en wat volgens die komitee wanvoeding, ’n verswakte immuunstelsel en ’n verhoogde vatbaarheid vir siektes tot gevolg kan hê.
Dit is nie net ’n skending van basiese menseregte nie, maar ook ’n bewys van die verwaarlosing van diegene in aanhouding.
ERONGO, OTJOZONDJUPA
In Erongo is die lykshuis by die polisiekantoor op Walvisbaai te naby aan die kamer waar kos gestoor word, wat kommer oor higiëne laat ontstaan.
Die lugverkoeler in die kombuis by die stasie “is meer af as wat dit aan is” en beamptes maak staat op skenkings vir basiese voorrade soos skryfbehoeftes en onderdele vir voertuie.
Die tronk in Swakopmund het te min en oorwerkte personeel, ’n tekort aan vervoer en die beddens is stukkend en vervalle.
Die komitee se besoek aan die Osire-vlugtelingkamp in
Otjozondjupa het ’n tekort aan water aan die lig gebring met net vyf van die 15 boorgate wat operasioneel is. Die kamp huisves 6 032 asielsoekers hoofsaaklik uit Oos- en Wes-Afrika.
By die vloot se opleidingsentrum op Rooikop buite Walvisbaai is daar gaan krag in die barakke nie, met van die barakke wat as onbewoonbaar verklaar is.
Die opleidingsentrum het ook ’n oop rioolstelsel en stukkende rioolpype. Die bestuur van die sentrum sê egter hulle het geen ander keuse as om die soldate hier te huisves nie. Die menasie, ’n eetsaal vir soldate, funksioneer glad nie en het stukkende toerusting met “’n slegte reuk wat hier waargeneem is”.
Hoewel die lugmagbasis by Karibib se beheertoring vir lugverkeer 90% voltooi is, is dit nie in werking nie weens ’n gebrek aan kommunikasiestelsels.
TEKORT AAN PERSONEEL
’n Erge tekort aan personeel word in al die streke ervaar, veral landdroste, maatskaplike werkers en tegniese personeel.
Byna 90% van die geriewe wat besoek is, is voor Namibië se onafhanklikwording gebou en is verwaarloos en moet dringend opgeknap word.
Volgens die komitee is die voorkoms van verval in al die streke aan die orde van die dag. Gesentraliseerde prosesse ingevolge die verkrygingswet veroorsaak vertragings van ses maande en langer in die verkryging van uniforms, onderdele of skryfbehoeftes.
Hoewel die komitee die pogings deur veiligheidsmagte oraloor die land erken, het die komitee gemaan dringende hervorming is in die sektor nodig.
Die komitee wys die kritieke kwessies uit wat met aanhoudingselle en tronke verband hou en wat vervalle infrastruktuur insluit. Die haglike lewensomstandighede wat polisiebeamptes mee te kampe het, word as ’n groot bekommernis beskryf.
GRENSPOSTE
Volgens die komitee is 60% van Namibiese grensposte nooit in die Staatskoerant gepubliseer nie, ten spyte daarvan dat dit gereeld gebruik word.
Dit bring die veiligheid van grense in gedrang wat grootliks toegeskryf word aan onvoldoende patrollies. Die meeste is ook nie omhein nie en het nie patrollievoertuie of kommunikasietoerusting nie. Dit is veral by dié grensposte en onder meer by Epupa en Okapalelona waar “onwettige grensoorgang algemeen voorkom”.
Die komitee maan dit is noodsaaklik dat ruimtes soos tronke en aanhoudingselle as rehabilitasie eerder as net ’n strafmaatreël beskou word. Voorstelle om van die kwessies te takel wat in die komitee se verslag geopper is, sluit in die konstruksie van nuwe polisiekantore op Katima Mulilo en Mondesa en die installering van sonkrag-aangedrewe waterpompe by die Osire-vlugtelingkamp.
Die verkrygingswet moet ook gewysig word om streekverkryging te versterk.
Langtermynvoorstelle sluit onder meer in om in rehabilitasieprogramme te belê, sielkundige en forensiese dienste na die streke uit te brei en forensiese laboratoriums hier te vestig om vertragings in verhore te vermy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie