Hengari systap ‘beskuldiging’ oor anti-gay groep
Jemima Beukes - President Hage Geingob is verdraagsaam teenoor die verskillende sienings oor selfdegeslaghuwelike, maar haatspraak sal nie geduld word nie, het die presidensiële woordvoerder, Alfredo Hengari gewaarsku.
Hengari sê sy teenwoordigheid op die WhatsApp-groep National Anti-Gay Marriage is nie ’n aanduiding van steun vir die groep se agenda nie en weerspieël beslis nie die sienings van die president nie.
Die Whatsapp-groep is geskep kort ná die hooggeregshof se uitspraak dat selfdegeslag-huwelike wat buite Namibië voltrek is in die land erken word. Ingevolge die uitspraak word die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit gelas om sulke huwelike behoorlik te registreer.
Die minister van binnelandse sake, Albert Kawana, wat ook op die anti-gay WhatsApp-groep was, kon nie bereik word om vrae oor sy teenwoordigheid op die groep te beantwoord nie.
Intussen het Hengari gesê hy nie uit eie wil by die groep aangesluit het nie, maar kon nie verduidelik hoekom hy nog nie die groep – wat verlede Donderdag geskep is – verlaat het nie.
Hy het wel benadruk om deel te wees van enige aanlyn gemeenskap is nie gelykstaande aan steun vir hul doelwitte of ideologieë nie.
“Ek is die woordvoerder van die president en my standpunt is baie duidelik – die president glo sterk in inklusiwiteit en die skeiding van magte. President Geingob bevorder ’n kultuur van verdraagsaamheid en respekvolle meningsverskille,” het hy gesê.
Hy beweer hy het nie die haatspraak en eksplisiete pornografie gesien wat op die groep gedeel is, of die beledigings wat Geingob se vermoë om die land te regeer, bevraagteken nie.
“Polisieer jy my nou? Ek is op baie groepe. Ek is op Facebook en Twitter en dikwels word ek by groepe betrek waar ek die onderwerp van bespreking is en persoonlik beledig word, maar dit beteken nie dat ek daardie sentimente steun nie.
“Ek is deel van hierdie groep gemaak en ek sien nie daardie dinge nie en lees nie eens die inhoud daarvan nie,” het hy gesê.
TEENSTAND
Intussen het die adjunk-speaker van die Nasionale Vergadering, Loide Kasingo, wat tans op ’n amptelike besoek in Suid-Afrika is, reeds gesê sy ondersteun die versoekskrif wat ’n beroep op die parlement doen om ’n wet teen homoseksualiteit in te stel wat die uitspraak van die hooggeregshof sal omkeer.
Op dieselfde groep het sy klaarblyklik Saterdag ’n boodskap gestuur: "Geagte lede van die groep. Ek is uit die land, ek stem saam met die beoogde versoekskrif en optrede wat deur hierdie groep geneem moet word om ons land en sy burgers van hierdie boosheid te red.”
Toe ons susterkoerant Namibian Sun haar gister gebel het, het sy egter geweier om kommentaar te lewer en gesê sy is nog nie op die hoogte van die situasie in Namibië nie.
“Ek is nou in Suid-Afrika. Ek is diep in die middel van ’n slypskool. Wag vir my. Wag totdat ek terugkom om myself te vergewis, dan kan ons ’n diep gesprek voer,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie