Informele besighede bly uitgesluit
Wetgewing, kapitaal steeds struikelblokke
Parlement ondersoek maatskaplike beskerming vir straatverkopers.
In Namibië is toegang tot maatskaplike beskerming ’n voorreg en nie ’n reg nie.
Dit was een van die gevolgtrekkings waartoe parlementslede gekom het, na aanleiding van ’n ondersoek na Namibië se informele ekonomie.
Om dit te verander moet die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) se wetgewing en die Grondwet gewysig word, meen die politici.
Die parlementêre staande komitee oor die ekonomie en openbare bestuur het verlede week ’n verslag aan die parlement voorgelê oor maatskaplike beskerming vir Namibiërs wat by die informele ekonomie betrokke is.
Dit volg op ’n mosie wat deur die parlementslid Agnes Kafula ingedien is waarin sy gevra het vir die implementering van die internasionale arbeidsorganisasie, R204, se voorstel (2015) in verband met die oorgang van die informele ekonomie na die formele ekonomie.
Kafula het die parlement gevra om die omstandighede van onder meer straatsmouse, huiswerkers, houtwerkers, veewagters en mans langs die pad te ondersoek.
Die komitee moes ook ondersoek instel in verband met beweerde teistering van informele verkopers deur die polisie en die kriminalisering van informele besighede terwyl min ruimte vir informele verkope in Namibiese dorpe verskaf word.
Kafula doen ’n beroep op die vestiging van versekering vir die informele ekonomie en vir plaaslike owerhede en streekrade om genoeg openbare markte en basiese sanitasie aan informele verskaffers te voorsien.
Die komitee het laat in 2023 openbare vergaderings in dié verband gehou en ook met Kafula vergader.
Vergaderings is ook onder meer met die ministeries van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, handel en nywerheidsontwikkeling, binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die SSC, die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) en die Windhoek-munisipaliteit gehou.
Volgens die komitee het die informele ekonomie nie voor onafhanklikwording in Namibië bestaan nie.
“Die gebrek aan voldoende formele sektor-werksgeleenthede het gelei tot die opkoms van die informele ekonomie in die land,” volgens die verslag.
STATISTIEK
Verder is bevind dat 55,8% van werknemers in Namibië teen 2018 by die informele ekonomie ingesluit was, die informele ekonomie toe reeds sowat N$8 miljard werd was en dat die informele ekonomie meer vroue as mans in diens gehad het. Tot 35% van werknemers is volgens die komitee betrokke by landbou, bosbou en visserye.
Verder is tot 76% van die verkopers in die informele ekonomie in stedelike gebiede, waarvan 85% informele handelaars en entrepreneurs is. Die meerderheid wat by die informele ekonomie betrokke is, het opleiding in sakebestuur, finansiële geletterdheid en boekhouding nodig.
Toegang tot krediet is vir hulle ’n groot uitdaging en die kapitaal om besighede te kan begin is broodnodig.
Tot 60% van hierdie informele besighede word van die huis af bedryf en 88,9% van die besighede is nie by die SSC geregistreer nie. Verder is 84,3% van werknemers in informele besighede ook nie by die SSC geregistreer nie.
Vorige pogings om die informele ekonomie te formaliseer is belemmer deur ’n gebrek aan beleide en wetlike raamwerk, onvoldoende ingrypings, geen werksekerheid of ordentlike vergoeding nie en ’n gebrek aan openbare markte, volgens die komitee.
STRUIKELBLOKKE
Informele handelaars staar voortdurend polisieteistering, afknouery en dreigemente van uitsetting in die gesig, volgens die verslag.
Beperkte handelsure, hoë oorgrenstariewe en wetlike uitsluiting van winsgewende geleenthede soos die verkoop van alkohol vererger die situasie vir informele sakelui.
Hulle geniet ook nie grondregte, toegang tot krediet of betroubare dienste soos kragvoorsiening nie. Waarborgvereistes weerhou informele sakelui om toegang tot finansiële instellings te kry.
Verder ontbreek statistieke met betrekking tot die informele ekonomie, terwyl munisipale verordeninge bydra tot stigmatisering en entrepreneurskap beperk, aldus die politici.
Volgens hulle is die kriminalisering van informele besighede in Namibië die norm.
Die arbeidswet moet ook gewysig word, want dit bied tans geen wetlike erkenning vir die informele ekonomie nie, meen die komitee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie