Kabinet hou nasionale dinkskrum
Eerste beraad sedert 2020
Geingob soek dienslewering, deursigtigheid en spoedige uitvoering van nasionale planne.
Die eerste kabinetsberaad in 14 maande sedert Desember 2020 is die afgelope naweek in Windhoek by die Safari Hotel gehou.
Volgens president Hage Geingob, wat die geleentheid Vrydag amptelik geopen het, sou dit die eerste strategiese hersiening van toepassing van die tweede Harambee-welvaartsplan (HPPII) op kabinetsvlak bied.
Ministers moes leiding neem in hersiening van HPPII-ingrypings, vernaam op die gebiede van landbou, behuising en onderwys, waarna die minister van finansies terugvoering oor die regering se geldsake sou deel.
Die staatshoof het die land se hoogste politici geprys vir hul deursettingsvermoë gedurende 2021, die Jaar van Veerkragtigheid, toe die pandemie Namibië behoorlik in ’n greep gehad het.
“In ’n tyd toe Covid-19 verwoesting in ons samelewing gesaai het, toe dit gelyk het of ons op die randjie van ’n humanitêre ramp kon wees, het die kabinet die hele nasie saamgetrek en ons kon weerhou teen wat soms soos ’n dreigende katastrofe gelyk het.
“Ons robuuste prosesse, stelsels en instellings het verseker dat ons te midde van die storm bestendig kon bly,” het hy gesê.
Geingob het die noodsaaklikheid van die stryd teen korrupsie uitgelig. Hy dring aan op deursigtigheid en dienslewering vanaf die regering, en het Namibië se prestasie as die vryste media in Afrika geprys.
Ná afloop van die beraad het visepresident Nangolo Mbumba Saterdag in sy toespraak die eerste minister se beroep op dringende toepassing van die Nuwe Ekonomiese Bemagtigingswet (NEEEB) uitgelig.
Aandag moet ook dringend geskenk word aan die belemmernisse tot projektoepassing soos uitgelig deur die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB), sê hy.
Mbumba sê daar was besprekings oor onlangse olie-ontdekkings en oor Namibië se plan om groen waterstof te vervaardig.
“Ons het nie net knelpunte geïdentifiseer en die risiko’s gedefinieer met die oog om dit te beperk nie, maar nog belangriker, ons het saam met oplossings vorendag gekom,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie