Foto: AZ-Archiv
Foto: AZ-Archiv

Konferensie fokus op ekonomiese diplomasie

Tanja Bause
Brigitte Weidlich – Ná ’n onderbreking van sewe jaar bied die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking weer ’n konferensie vir Namibië se ambassadeurs aan.

Die konferensie se tema is “Namibië se ekonomiese diplomasie vir ontwikkeling en welvaart”.

President Hage Geingob het tydens Maandag se opening gesê: “As ’n land moet ons diep nadink oor ons rol en ons plek in ’n wêreld wat toenemend integreer, maar steeds vol konflik, geopolitieke spanning en mededinging is.

“Verder moet ons kampvegters wees vir wêreldwye institusionele hervorming en finansiële herskikking in die beste belang van alle burgers van die globale dorpie (global village).”

Nuwe maniere moet ook gevind word om Namibië se handel uit te brei en beleggings na die land te lok. Namibië beoog om in die volgende dekade ’n “groenwaterstof-supermoondheid” te word.

Geingob het diplomate versoek om in die buiteland op ekonomiese diplomasie te fokus.

Die president het ook beklemtoon en gevra vir ’n vreedsame oplossing vir die konflik tussen Rusland en Oekraïne.

Die konflik in die Midde-Ooste tussen Israel en Hamas het “die absolute ergste in die menslike geskiedenis na vore gebring,” het Geingob gesê.

Hy het gepraat van “slagtings van onskuldige vroue en kinders aan beide kante en die vernietiging van Gasastad op die mees barbaarse en onbeskaafde manier.” Alle menslike lewe is heilig, hetsy in Israel of Palestina, het hy beklemtoon.

Minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het gesê die immer veranderende wêreld het meer mededingend geword terwyl dit baie meer onsekerheid meebring.

“Dit is te danke aan groot moondhede wat meeding vir toegang en beheer van kritieke grondstowwe wat noodsaaklik is vir vandag se tegnologiese vooruitgang,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

As gevolg hiervan is Afrika sedertdien in hierdie “chaotiese geopolitieke kompetisie” gewikkel, het sy gesê.

Afrika het oorvloedige minerale hulpbronne en afsettings van hierdie grondstowwe, wat belangrik is vir die wêreldekonomie, maar dit moet teen uitbuiting beskerm word tot voordeel van Afrikane, het Nandi-Ndaitwah gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!