Krane bly oop vir SOE's
Die N$211 miljoen wat verlede jaar uit die staatskos vir die gelikwideerde Air Namibia gerol het, was volgens begrotingsdokumente welliswaar die laaste sente wat op die eertydse nasionale redery spandeer is, maar reddingsboeie vir sukkelende staatsondernemings (SOE’s) is nog nie geskiedenis nie.
In die nuwe begroting is gister ‘n eenmalige bedrag van N$154 miljoen aan die Namibiese Persagentskap (Nampa) toegeken.
Die staatsonderneming het verlede jaar N$20 miljoen ontvang en sou vir 2022 en 2023 elke jaar net N$14 miljoen kry.
Navrae kon nog nie lig werp op die rede vir die tienvoudige toename nie. Spekulasie sluit in die moontlike koste van die samesmelting van alle staatsmedia, maar die koste van ander entiteite is steeds afsonderlik gelys.
Vir die afgelope boekjaar is aanvanklik net N$127 miljoen aan die nasionale uitsaaier, die NBC, toegeken. Die bedrag het uiteindelik tot N$263 miljoen gegroei.
Die NBC sal vanjaar N$353 miljoen ontvang voordat sy subsidie daarna na sowat ‘n kwartmiljoen dollar verminder – steeds veel meer as die raps oor ‘n honderd miljoen wat die regering verlede jaar in gedagte gehad het.
Nampa en die NBC sal die staat dus in die nuwe boekjaar gesamentlik meer as N$500 miljoen kos.
Die subsidie vir New Era bly hiertoonoor onveranderd op N$10 miljoen per jaar.
Die Southern Times is verlede jaar gesluit, wat ‘n jaarliks besparing van N$5 miljoen verteenwoordig.
Die NWR, Namibia Wildlife Resorts, het vir 2021-’22 meer as N$124 miljoen ontvang teenoor die voorgenome N$71 miljoen en vir die volgende drie jaar sal die instelling jaarliks meer as N$180 miljoen kry. Verlede jaar is gereken die bedrag sal net tot N$100 miljoen toeneem.
ANDER UITSKIETERS
Die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) het die afgelope boekjaar byna N$56 miljoen gekos teenoor die beplande N$44 miljoen. Die verhoging is vir die toekoms onveranderd gelaat.
Hulp aan Agribusdev het van N$62 miljoen tot N$107 miljoen toegeneem, maar die koste is nou op N$75 miljoen per jaar vasgepen. Die instelling word ‘n department in die landbouministerie. Amta se subsidie styg van N$59 miljoen tot N$72 miljoen per jaar.
In verlede jaar se rollende begroting is geen voorsiening vir bydraes aan die Lughawensmaaatskappy (NAC) vir 2022’-23 gemaak nie. Die SOE sal jaarliks N$47 miljoen ontvang teenoor N$29 miljoen die afgelope jaar.
TransNamib sal jaarliks meer as N$170 miljoen ontvang. Die geld is bestem vir die herkapitalisering van die karweier in samewerking met die Suider-Afrikaanse en plaaslike ontwikkelingsbanke, die DBSA en DBN.
Die studentefonds (NSFAF) se begroting is 'n rapsie meer op N$1,4 miljard en universiteite se subsidies word nie verhoog nie.
DIE WIS EN ONWIS
Die betaling van N$29 miljoen aan Air Namibia se oudpersoneel word in die afgelope jaar se gebeurlikheidsbegroting gelys.
Die presidensie het bykans N$10 miljoen uit die fonds ontvang vir die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se beraad in Davos, Switzerland.
Die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit het N$45 miljoen gekry om vir tekorte in goedere en dienste op te maak en ‘n bykomende N$19 miljoen is aan SADC betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie