Landsburgers kom eerste, sê Mbumba
Ogone Tlhage – President Nangolo Mbumba sê staatshoofde moet daarop fokus om die behoeftes van hul landsburgers voor dié van hul onderskeie politieke partye te stel.
Mbumba het in ’n onderhoud met die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) tydens ’n werksbesoek aan dié land se president gesê die behoeftes van politieke partye is sekondêr.
“Ons is regerende partye, maar almal wil ’n regerende party wees. Ons moet seker maak dat ons só optree dat die belange van ons eie lande eerste kom, selfs bo ons eie kwessies en selfs ons eie partye,” het Mbumba gesê.
Hy het beklemtoon dit is belangrik vir politieke partye om na hul eie belange om te sien, terwyl staatshoofde die behoeftes van hul lande eerste hanteer.
“As presidente is ons pligte eerstens om seker te maak dat almal in Namibië en Suid-Afrika veilig is en in vrede leef.
Mbumba het tydens die onderhoud weer beklemtoon dat hy geen belangstelling het om in die verkiesings geoormerk vir 27 November as presidentskandidaat te staan nie. Volgens hom staan Swapo bankvas agter die party se huidige visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah.
“Ek is nie vir verkiesings beskikbaar nie. Swapo het ’n kandidaat, ’n vrouekandidaat. Ons sal haar ondersteun, want sy behoort aan dieselfde party. Dit is wat ons dink en beplan en dit is wat gaan gebeur.”
Volgens Mbumba was hy nie gretig om die presidentskap oor te neem ná die dood van president Hage Geingob nie. Hy het die besluit om dit wel te doen as uitdagend beskryf.
“Ek was huiwerig want ek het vir baie jare saam met hom gewerk. Dit was uitdagend in terme van hoe ons gevoel het. Ons het gevoel ons is van ’n leier beroof, ons het gevoel ons word gestraf met swak gesondheid en die dood, ons was teneergedruk. In terme van ons eie Grondwet was dit egter baie duidelik,” het Mbumba gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie