LGBTQIA-wetsontwerpe nog op Hage se tafel
Jemimah Ndebele – Byna sewe maande het reeds verloop sedert die voormalige Swapo-politikus Jerry Ekandjo omtrede wetsontwerpe in die parlement ter tafel gelê het.
Die wetsontwerp wat hy ingedien het, het slegs oor die duidelike definisie van die term “eggenoot” gehandel. Ekandjo het egter ook ’n wetsontwerp ter tafel gelê om afdelings van die Huwelikswet te wysig, wat onder meer die terme “huwelik”, “selfdegeslaghuwelik” en “eggenoot” bevat.
Die konsepwette wat beide deur die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad (NR) aanvaar is, lê steeds op president Hage Geingob se lessenaar vir sy goedkeuring of verwerping.
“Die president kry nie ’n vasgestelde tydsraamwerk waarin konsepwetgewing goedgekeur moet word nie. Dit moet egter binne dieselfde parlementêre siklus gedoen word waarin die wetsontwerp voorgelê is.
“Die siklus is nog nie verby nie en die parlement sal na verwagting in Februarie weer byeenkom om alle aktiwiteite en take van die huidige boekjaar – wat in Maart eindig – te voltooi,” het Sacky Kadhikwa, die woordvoerder van die NV, gesê toe hy gevra is oor die status quo van die Ekandjo-wette.
“As hy nie in hierdie siklus onderteken nie, moet hy regverdig waarom hy die wetsontwerpe verwerp en dit terugstuur na die Nasionale Vergadering vir hersiening en wysiging,” het hy bygevoeg.
Deur die term “eggenoot” in die Grondwet te wysig, kan die regte van selfdegeslagpare aansienlik beperk word, hulle verhoed om in die huwelik te tree, kinders aan te neem en om voordeel uit sekere wetlike waarborge te trek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie