LPM wil net 'verkiesings bederf'
Niks ongewoon aan prokureur-generaal se raad
Swapo se sekretaris-generaal sê die LPM se hofaansoek is bloot om die verkiesings te bederf.
Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, sê die Landless People’s Movement (LPM) is verward omdat die party homself as applikant en respondent in die saak aandui waarin hulle die uitslae van die Nasionale Vergadering - en presidensiële uitslae uitdaag.
In haar beantwoordende verklaring in die verkiesingshof wys sy ook daarop dat daar niks ongewoon is aan die prokureur-generaal Festus Mbandeka wat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), wat onafhanklik van die uitvoerende tak van die staat moet wees, van raad bedien nie.
“Die ECN, hoewel onafhanklik, is een van die agentskappe van die regering wat ook daarop geregtig is om deur die prokureur-generaal van raad bedien te word,” aldus haar verklaring.
Haar grootste beswaar is egter dat die LPM beide ‘n respondent en applikant is.
Volgens Shaningwa is dit ‘n raaisel en wat nog meer verstommend is, is dat die LPM aansoek gedoen het dat hul saak saam met dié van die Independent Patriots for Change (IPC) gevoeg word. Dit haal ook steeds die prokureur-generaal Festus Mbandeka aan wat hom beide die vierde en 27ste respondent maak.
“Indien dit nie 'n aansluiting as 'n tweede aansoeker toegestaan word nie, is LPM nieteenstaande die werking van die wet nie geregtig om aan IPC se aansoek deel te neem, sonder dat dit onder reël 19 aansoek gedoen het vir ‘n verlenging van tyd vir ‘n kennisgewing om dit teen te staan nie. Dit beteken die LPM is verbied om deel te neem aan die IPC-aansoek,” het sy gesê.
Shanginwa het beklemtoon dat dit die siening van Swapo is dat LPM soos bepaal deur die wet nie ‘n reg het en nie geregtig daartoe is om deel te wees om by die IPC se saak aan te sluit nie.
“Die feit dat LPM nie sy eie saak gebring het toe dit na bewering so 'n aansoek laat indien nie en nadat Swapo, die president van Namibië, Nangolo Mbumba en die ECN in die IPC se geval reeds beantwoordende verklarings geliasseer het, het ‘n ongekende prosedurele raaisel geskep wat nog nooit in litigasie in hierdie hof gesien is nie,” het Shaningwa gesê.
Sy het ook daarop gewys dat LPM se voorleggings ‘nog hier, nog daar ‘ is en dat dit onduidelik is of dit saamstem met die IPC omdat hulle eise by talle geleenthede verskil.
Dit is vir Shaningwa ook onduidelik watter eise LPM aanvaar of bevraagteken wat verder gebrekke in hul argumente uitwys.
Sy het daarop gewys dat die LMP gevra het dat beantwoordende verklarings wat teen 15:00 op 15 Januarie geliasseer word wanneer die kwessie op dieselfde dag om 10:00 in die verkiesingshof aangehoor moet word.
“Dit beteken dat die argumente oor die kwessie reeds om 10:00 op dieselfde dag aangehoor is.
“Dit lyk soos ‘n litigant met geen werklike bedoeling om te litigeer op ‘n manier wat die verloop van die gereg bevorder nie, maar bloot die verkiesings bederf,” het Shanigwa gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie