Maandelikse toelae vir raadslede tot 25% hoër
Effektief vanaf 1 Julie
Burgemeesters se maandelikse toelae styg van N$7 409 tot N$8 520 en vir onderburgemeesters van N$6 774 tot N$7 790.
Elizabeth Joseph - Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het Woensdag aangekondig munisipaliteite en stads- en dorpsraadslede sal ’n verhoging van onderskeidelik 15%, 20% en 25% in maandelikse toelae ontvang, wat op 1 Julie in werking getree het.
Luidens ’n nuusbrief het die ministerie die toelae ingevolge artikel 18 (1) en (2) van die wet op plaaslike owerhede gewysig, en bykomende lugtydtoelae vir raadslede ingestel.
Dit het bekend gemaak dat sittingstoelae van toepassing sal wees op bestuurskomitees se gewone of buitengewone vergaderings en spesiale raadsvergaderings – beperk tot onderskeidelik een en twee vergaderings per kategorie per maand.
“Die aankoopbedrag van ’n selfoon bly op N$4 000, en dit is slegs van toepassing op die burgemeester, onderburgemeester, die voorsitter van die bestuurskomitee en voorsitters van dorpsrade, terwyl die res van die raadslede slegs lugtydtoelae sal ontvang.
“Plaaslike owerheidsrade moet in die begroting vir die 2023-’24-boekjaar voorsiening maak vir bogenoemde aanpassings,” het die ministerie gesê.
‘WINSGEWEND’
Vir die 2017-’18-boekjaar het die jaarlikse toelaag van ’n burgemeester op N$88 910 gestaan. Dit sal nou N$102 246 wees, terwyl die onderburgemeester s’n van N$81 289 tot N$93 480 spring.
Burgemeesters se maandelikse toelae gaan dus styg van N$7 409 tot N$8 520 en vir onderburgemeesters van N$6 774 tot N$7 790.
Burgemeesters se selfoontoelae bly N$1 000 per maand, terwyl onderburgemeesters N$600 sal ontvang. Sittingsgelde sal N$350 per sitting oor die hele linie vir munisipale en dorpsrade wees, en N$200 per sitting vir rade van nedersettings.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie