Mbumba besoek Ghana
President Nangolo Mbumba het onlangs na Ghana gereis vir ’n staatsbesoek aan die land se nuutverkose president John Dramani Mahama.
Mahama is vroeg in Desember as die land se president aangewys toe hy 56,7% van die stemme in die verkiesing gekry het. Jane Naana Opoku-Agyemang is saam met hom as Ghana se eerste vroue-visiepresident ingesweer.
Dit volg etlike maande nadat Ghanese beamptes ’n besoek aan Namibië afgelê het vir die Gesamentlike Kommissie vir Samewerking (JCC). Fokusareas tydens beplande besprekings wat na verwagting sal bydra tot bilaterale verhoudings tussen Ghana en Namibië het onder meer politieke en diplomatieke kwessies, handel en belegging, klein- en mediumsakeontwikkeling (SME), jeug en sport, immigrasie, energie en mynbou, toerisme en gesondheid ingesluit. Namibië voer ook beesvleis uit na Ghana. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie