Mbumba onthou Geingob
'Ons het 'n kameraad en vriend verloor'
Deel van wyle president Hage Geingob se planne vir ná sy aftrede, was om plekke te besoek waar hy in ballingskap gebly het.
President Nangolo Mbumba and professor Peter Katjavivi, speaker van die Nasionale Vergadering, het hul laaste oomblikke met wyle president Hage Geingob as moeilik beskryf.
Mbumba en Katjavivi het in ’n onderhoud met die nasionale uitsaaier (NBC) die gebeure herroep tot en met Geingob se dood en ook daarna.
Albei is toegelaat om die oorlede staatshoof in die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba Private Hospitaal te besoek waar hy ná ’n kort siekte aan kanker dood is.
“Ek was daar in die laaste oomblikke. Al wat ek kan onthou, is dat vir my gesê is ‘jy beter gaan en ’n aankondiging maak’. Dit was moeilik. Ek maak nie ’n aankondiging oor enigiemand nie, maar ons het ’n staatshoof verloor, ons het ’n kameraad en ’n vriend verloor,” onthou Mbumba.
Hy het nie die geleentheid gekry om finaal te groet nie, omdat hulle albei daaraan gewoond geraak het om nooit vir mekaar vaarwel te sê nie, ’n tradisie wat in ballingskap begin het, verduidelik Mbumba.
“Ek was in kontak met die Namibiese sending en sy span. Toe hulle van hier na Amerika vertrek het waar hy behandeling ontvang het, was ek daar. Ons het hande geskud. Ons het nie veel vir mekaar gesê nie. Die twee van ons het hierdie gewoonte om mekaar nooit te groet nie, maar dit was baie moeilik,” sê Mbumba.
Katjavivi sê op sy beurt die laaste keer wat hy die ontslape staatshoof gesien het, was gevul met hoop dat hy ten spyte van sy swak gesondheid sou herstel.
“Ek wou met iets wegstap wat hoop simboliseer. Dit was ’n baie moeilike tydperk. Ek het gevoel ek het na sy wenkbroue gekyk en dit het beweeg. Toe ek die ICU verlaat, het ek met myself gepraat en myself getroos dat daar hoop vir herstel is”, het hy gesê.
Met verwysing na sy en Geingob se planne vir wanneer hulle aftree, vertel Katjavivi hulle het beplan om baie van die plekke te besoek waar hulle in ballingskap deurgebring het.
“Ons het gepraat oor hoe ons sou reis na sommige van ons ou plekke waar ons gebly het en ou vriende besoek en ervarings deel.”
Mbumba sê hy gaan dit mis om sonder ’n afspraak by die ontslape president se huis op te daag om sokker te kyk en oor ander aktiwiteite te gesels.
“Ek gaan dit mis om ongenooid by sy huis op te daag met die verskoning ‘ek kom net om sokker te kyk’. Dan praat ons oor ander dinge wat ons Maandag moet doen. Dit was die tipe verhouding wat ons gehad het, ek het nie nodig gehad om eers te bel nie.”
Geingob is op 4 Februarie dood en is deur Mbumba as president opgevolg. Hy word Sondag in die Heldeakker buite Windhoek begrawe. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie