Mediahuise kan volgens loterywet beboet word
Plaaslike mediahuise kan moontlik 'n boete van N$4 miljoen en hul base 20 jaar tronkstraf opgelê word, sou hulle deelneem aan of onwettige loterye fasiliteer. Dit volgens die naderende staatsloterywet en die minister van omgewing en toerisme Pohamba Shifeta wat uitgebrei het oor die status en vordering wat met die implementering van die wet op loterye van 2017 gemaak is.
Die wet is in Desember 2021 in werking gestel nadat dit 'n streng konsultasie- en hersieningsproses ondergaan het, het hy gesê.
“Ek moet ook enige persoon of mediahuis waarsku wat deelneem aan en of sulke onwettige aktiwiteite binne hul publikasies of platforms fasiliteer, sonder om eers met die Loteryraad te bevestig dat sulke aktiwiteite wettig is, dat hulle ook beboet kan word.”
Hy het bygevoeg onder algemene oortredings bepaal die wet 'n persoon wat deelneem aan, dit uitvoer, fasiliteer, bevorder of enige voordeel trek uit 'n lotery, promosiekompetisie of sportpoel, strafbaar is met 'n boete van hoogstens N$4 miljoen of met tronkstraf vir 20 jaar, of albei.
Dit is ook van toepassing op enigiemand wat enige skema, plan, kompetisie, reëling, stelsel, wedstryd of toestel uitvoer, organiseer, bemark of bestuur wat direk of indirek voorsiening maak vir weddenskappe, dobbel of enige ander spel van risiko op enige uitkoms van enige lottery – tensy dit deur die wet of enige ander wet goedgekeur is.
Shifeta sê die Loteryraad is tans besig met die proses om 'n operateur vir die staatslotery te identifiseer. Dié proses sal deursigtig gedoen word deur 'n behoorlike openbare verkrygingsproses en sal na verwagting voor die einde van vanjaar afgehandel wees, het hy gesê.
“Die ministerie wil graag ’n beroep op alle Namibiërs en Namibiese maatskappe doen om deel te neem aan die bedryf van die staatslotery die oomblik wanneer dit adverteer word, op hul eie of in vennootskap met ervare entiteite in Namibië of in die binneland.”
Hy het beklemtoon alle bedrywe verwant aan loterye word in terme van die loteryewet gereguleer. ’n Lotery soos omskryf deur die wetsontwerp, dui op enige speletjie soos rekenaarspeletjies, skemas, reëlings, stelsels, planne, promosiekompetisies of toestelle vir die verspreiding van pryse per lot of toeval - en of dit met die hand, meganies, elektronies of ander maniere bedryf word.
“Die Loterywet het ten doel om voorsiening te maak vir die goedkeuring en bevordering van kompetisies; die toesig en beheer van welwillendheidsloterye, en om voorsiening te maak vir enige toevallige kwessies.”
Shifeta het operateurs in die bedryf, promotors en individue wat so wil sake doen, aangeraai om hul besighede, skemas, programme en projekte by die raad te registreer voordat hulle bogenoemde aktiwiteite bemark of bevorder.
Die minister het mense ook aangeraai om seker te maak in watter kategorie van loterye hul aktiwiteite volgens die wet val.
“Onwettige bedrywighede van private loterye wat nie deur die loteryeraad goedgekeur of geregistreer is nie, of enige skema wat onder die loteryewet val, kan volgens die wet gestraf word. Dit sluit in media of enige persoon wat sulke onwettige en ongeregistreerde aktiwiteite bemark en fasiliteer.”
Aktiwiteite wat deur die raad goedgekeur word, sal volgens Shifeta van ’n sertifikaat voorsien word. Lede van die media en die publiek moet hulself vergewis van die beskikbaarheid van so ’n sertifikaat, sou hul versoek word om ’n skema of projek te bemark wat binne die regsdefinisie van loterye in terme van die wet val. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie