Meer as 10 000 verwag by onafhanklikheidsvieringe
Nikanor Nangolo – Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie beraam meer as 10 000 mense sal na verwagting vanjaar se onafhanklikheidsvieringe bywoon.
Die land se 34ste jaar van onafhanklikheid sal môre op Katima Mulilo gevier word onder die tema “Mense verenig vir welvaart”. President Nangolo Mbumba sal na verwagting die verrigtinge bywoon en ’n toespraak lewer.
Volgens Lawrence Sampofu, die streekgoewerneur in die Zambezi, is daar egter nie genoeg verblyf in die streek vir so baie mense nie.
“Tans is alle akkommodasieplekke vol bespreek. Ons moedig inwoners aan wat kamers of huise kan verhuur, om dit te doen sodat ons ons broers en susters kan akkommodeer wat na die streek gaan reis.”
BEPLANNING
Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Audrin Mathe, is die beplanning van die geleentheid goed op dreef.
“Dit is die eerste keer dat die Zambezistreek onafhanklikheidsvieringe aanbied en dit kweek ’n opwindende atmosfeer onder sy inwoners,” het Mathe gesê oor die geleentheid wat by die Katima Mulilo-sportkompleks sal plaasvind.
Hy sê Namibiërs kan uitsien na kulturele vertonings en ’n parade wat gepaard gaan met vliegtuie wat verby sal vlieg.
“Vir diegene wat dit nie fisiek kan bywoon nie, sal die geleentheid regstreeks op verskeie sosialemediaplatforms, asook NBC TV en radiodienste uitgesaai word.”
Sampofu het gesê dat voorbereidings “99% klaar is” en dat die streek sy “bes” doen om te verseker dat alles vlot verloop.
“Ons het baie komitees en subkomitees geskep. Een daarvan is vir inligting en publisiteit, wat fokus op die bewusmaking van die gemeenskapslede.
“Die tweede komitee fokus op protokol, veiligheid, sekuriteit en verblyf. Hierdie komitee sal onder meer verantwoordelik wees vir die uitreiking van uitnodigings aan hooggeplaastes en ander gaste soos ons vriende van Zambië en Botswana. Wat veiligheid en sekuriteit betref, sal ons die Namibiese polisie en Namibiese weermag op die grond hê vir beskerming.
“Die logistiek- en vervoerkomitee is die derde komitee. Ons het nege busse van die ministerie van werke en vervoer ontvang om ons mense van die verskillende kiesafdelings in die streek te vervoer. Oplaaitye en -plekke sal gekommunikeer word,” het Sampofu verduidelik.
“Die vierde komitee is vir spyseniering wat vir kos en verversings verantwoordelik sal wees. Spyseniers is verlede Vrydag aangestel en hulle is tans besig met voorbereidings. Die ander komitees is die vermaak- en finansiële komitees,” het hy bygevoeg.
Sampofu het Namibiërs versoek om nie net die Zambezistreek te besoek vir die viering van die land se onafhanklikwording nie, maar ook om die streek se natuurskoon te sien.
“Ons het die groot Zambezirivier (wat die vierde langste rivier in Afrika is) en langs die rivier sien jy wild soos olifante, buffels, sebras en koedoes.
“So ons nooi ons mense om saam met die families te kom en genotvolle oomblikke te hê,” het hy gesê.
Verlede jaar se onafhanklikheidsvieringe het op Outapi in die Omusatistreek plaasgevind waar chaos uitgebreek het nadat wyle president Hage Geingob aangekondig het dat die kos wat vir baie belangrike persone (BBP’s) gereserveer was, aan die publiek gegee gaan word weens ’n te kort aan kos.
Talle mense het glo kos gegryp en die geleentheid daarna verlaat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie