Inmates
Inmates

Meer as 2 000 gevangenes word vrygelaat

Helfte van vonnis moet uitgedien word
Veroordeelde oortreders jonger as 18 en ouer as 60, wat die helfte van hul vonnisse uitgedien het, is onder diegene wat vir vrylating in aanmerking kom.
Jemima Beukes
President Nangolo Mbumba het die vrylating van meer as 2 000 gevangenes gemagtig.

Dit sluit in die kwytskelding van veroordeelde oortreders en die opskorting van hul vonnisse.

Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NKD), Raphael Hamunyela, het in ’n verklaring aangedui dat 313 gevangenes vrygelaat gaan word, terwyl 1 108 vonnisse tydelik opgeskort sal word onder voorwaardes dat, indien dié voorwaardes oortree word, die gevangene weer in hegtenis geneem sal word.

Verder sal altesaam 709 gevangenes wat tans onder gemeenskapstoesig is, kwytgeskeld word en 98 se vonnisse sal tydelik opgeskort word.

Dit is uit ’n totaal van 4 330 gevangenes in korrektiewe geriewe landswyd en 1 574 oortreders wat onder gemeenskapstoesig is, insluitend minderjariges, diegene van 60 jaar en ouer en diegene wat deur medici as permanent bedlêend verklaar is.

WIE KWALIFISEER?

Luidens die proklamasie moes gevangenes aan ’n aantal kategorieë voldoen om vir die vrylating te kwalifiseer.

Dit sluit in gevangenes wat tronkstraf uitdien en ten minste tweederdes van hul gevangenisstraf uitgedien het en wie se voorwaardelike vrylating, gewoonlik op grond van goeie gedrag, teen 21 Maart goedgekeur is.

Die kriteria sluit ook in diegene wat tans tronkstraf van 12 maande of minder uitdien en ten minste die helfte van hul gevangenisstraf teen 21 Maart 2024 uitgedien het.

Diegene wat gevangenisstraf van 12 maande of minder uitdien en op 21 Maart nog nie die helfte van hul vonnis uitgedien het nie, se kwytskelding sal eers in werking tree op die datum waarop hulle die helfte van hul vonnisse uitgedien het.

“Diegene wat 60 jaar of ouer is en meer as die helfte van hul vonnisse teen 21 Maart uitgedien het, sal ook vrygelaat word indien hulle goeie gedrag in korrektiewe geriewe gehandhaaf het en wie se vrylating waarskynlik nie enige risiko vir die samelewing sal inhou nie.”

Gevangenes van 60 en ouer wat goeie gedrag getoon het, maar nog nie die helfte van hul vonnisse uitgedien het nie se kwytskelding word eers van krag op die datum waarop hulle die helfte van hul vonnisse uitgedien het.

Dieselfde geld vir diegene jonger as 18 en gevangenes wat medies as permanent bedlêend verklaar is.

Ingevolge artikel 32, subartikel (3)(d) van die Namibiese Grondwet, is die president by magte om te besluit oor die kwytskelding van veroordeelde oortreders of die opskorting van hul vonnisse, soos hy goeddink.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!