Meer dorpe baat nou by inkomstetoelae
Sommige stedelike gebiede voorheen uitgesluit
Data toon dat daar sowat 12 699 kwalifiserende begunstigdes is wat geregistreer moet word vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag (CBIG).
Dorpe wat voorheen uitgesluit is van die voorwaardelike basiese inkomstetoelae (CBIG), sal vanaf hierdie maand ingesluit word.
Dit kom nadat die kantoor van die president, die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn opdrag gegee het om dié dorpe in te sluit. Kwalifiserende huishoudings ontvang N$600 per maand as deel van die skema.
Sowat 8 238 huishoudings oor al 14 streke trek tans voordeel uit die toelae. Voorheen het die begunstigdes N$500 ontvang, maar dit is in Maart verlede jaar verhoog.
Die oorblywende dorpe waarop die ministerie sal fokus sluit in Walvisbaai, Hentiesbaai, Arandis, Omaruru, Usakos, Rehoboth, Aranos, Karasburg, Orangemund, Ongwediva, Okahao, Oshikuku, Outjo, Oniipa, Omuthiya, Grootfontein, Okakarara, Otavi en Helao Nafidi.
“Toelae vir voorwaardelike basiese inkomste sal, soos vervat in die Vvedselbank-program, na al die verklaarde stedelike gebiede uitgebrei word," het die ministerie se waarnemende uitvoerende direkteur, Manasse Mbingeneeko, gesê.
Verder het die kabinet ook die kantoor van die eerste minister opdrag gegee om tot die einde van die boekjaar geld uit die Nasionale Noodfonds beskikbaar te stel.
"Daarna moet die ministerie die nodige voorsiening vir begrotings by die ministerie van finansies verseker."
REGISTRASIE
Die ministerie het verlede jaar data ingesamel van die dorpe wat voorheen van die CBIG-skema uitgesluit is. Die data het getoon dat daar sowat 12 699 kwalifiserende begunstigdes is wat geregistreer moet word. Mbingeneeko het gesê hierdie getal kan toeneem aangesien sommige van die dorpe nie die data verskaf het wat op daardie stadium versoek is nie.
“Gedurende November en Desember 2024 sal die spanne van die ministerie die verskillende dorpe in die verskillende streke besoek om voort te gaan met die registrasie, herregistrasie, verifikasie en goedkeuring van begunstigdes en huishoudings by aangewese registrasiepunte in elke dorp," verduidelik Mbingeneeko.
Die publiek word versoek om hul nasionale dokumente (identiteitsdokumente, permanente verblyfspermitte, huweliksertifikate, geboortesertifikate) vir hulself en al die lede van die huishoudings saam te bring wanneer die toelae afgehaal word, asook wanneer hulle verskillende registrasiepunte besoek vir registrasie of herregistrasie.
VOEDSELONSEKERHEID
I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur by die premier se kantoor, beraam dat byna 580 000 mense in Namibië tussen Julie en September 2023 akute vlakke van ernstige voedselonsekerheid in die gesig gestaar het.
“Gedurende die huidige tydperk het die meeste huishoudings geen voedselvoorraad nie. Ander het aangedui dat hulle voorraad nie een maand hou nie en sommige wat voorraad vir tussen een en drie maande gehad het, het reeds hul voedselvoorraad uitgeput," het hy verduidelik. Volgens hom ondervind huishoudings probleme met die aankoop van voedsel weens ‘n gebrek aan inkomste en hoë werkloosheidsyfers.
"Daar word beraam dat gedurende die tydperk vanaf Oktober 2023 tot Maart 2024, die aantal mense wat verwag word om voedselonsekerheid te ervaar, verder sal styg tot 695 000 mense (26% van die bevolking)."
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie