Mense stroom na strate vir ’n laaste afskeid
Inwoners van Etunda in die Omusatistreek het gister na die strate gestroom om hul laaste eer aan wyle stigterspresident, Sam Shafiishuna Nujoma, te betoon.
Nujoma se kis, bedek met ’n Namibiese vlag, is gister vanaf Windhoek se Hosea Kutako Internasionale lughawe na Andimba Toivo ya Toivo-lughawe op Ondangwa gevlieg.
Dit merk die begin van ’n reeks gedenkdienste landswyd waartydens Nujoma se oorskot na verskeie dorpe geneem sal word.
Sy oorskot is gister na sy tuisdorp by Etunda naby Okahao vervoer vir ’n gedenkdiens. Die kis is van die lughawe na die diens vervoer en het omstreeks 17:00 daar aangekom.
Dit kom nadat Nujoma se kis gisteroggend omstreeks 6:45 by Staatshuis in Windhoek aangekom het om deur president Nangola Mbumba ontvang te word. Oudpresident Hifikepunye Pohamba het ook die verrigtinge bygewoon.
Die kis sal vandag na Eenhana vervoer word, Saterdag na Rundu en Sondag na Katima Mulilo. Eerskomende Maandag sal die kis na Grootfontein geneem word, waarna dit Dinsdag na Walvisbaai vervoer sal word en Woensdag sy laaste draai op Keetmanshoop sal maak.
Daarna sal Nujoma se oorskot na Windhoek teruggebring word, betyds vir ’n gedenkdiens wat Vrydag by die Onafhanklikheidstadion sal plaasvind. Nujoma se heldebegrafnis is vir 1 Maart geskeduleer. Dié dag is ook as ’n openbare vakansiedag verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie