Menseregte: Namibië ‘halfpad daar’
Behuising, sanitasie steeds gebrekkig
Die Ombudsman het met Republikein gepraat in aanloop tot Internasionale Menseregtedag wat Sondag herdenk word.
Hoewel die regering nie onskuldig is nie, sê die Ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha, dat Namibiërs mekaar ook van hul menseregte ontneem.
Hy meen Namibiërs trek die swaartse ten opsigte van hul ekonomiese, maatskaplike en kulturele regte.
“Daardie regte spreek hoofsaaklik dinge aan soos die reg tot gesondheid, die reg tot behuising en toegang tot voldoende water en sanitasie – daardie is die uitdagings wat talle Namibiërs in die gesig staar in ons huidige omstandighede,” het hy gesê.
MEER GELYK AS ANDER
Dyakugha het die opmerkings tydens ’n eksklusiewe onderhoud met Republikein in die aanloop tot Internasionale Menseregtedag gemaak.
Menseregtedag word jaarliks op 10 Desember gevier en is volgens hom ’n dag waarop die vooruitgang in terme van menseregte en waarop verbeter kan word, bepaal word.
Dyakugha sê Namibië moet “soos talle ander lande” steeds menseregte bevorder en sê hy glo dat Namibië omtrent by die halfpadmerk is waar hy tevrede sou wees met die stand van menseregte in die land.
“Ons doen nie sleg in terme van menseregte waarvoor daar in die Namibiese Grondwet voorsiening gemaak word nie – soos mense se siviele en politieke regte. Dit is hoofsaaklik ten opsigte van mense se individuele regte waarmee ons sukkel. Ons is almal gelyk voor die wet, maar ons is die mees ongelyke land ter wêreld in terme van inkomste en die verspreiding van ons hulpbronne,” sê hy.
“Ons moet ons prioriteite met betrekking tot ons hulpbronne regkry. Baie mense glo ons hulpbronne is skaars, maar in realiteit is hulpbronne in baie lande nie skaars nie. Wat dit skaars maak, is dat ons prioriteite misplaas is en dus is daar mensgemaakte nood,” het hy gesê.
“As ’n staatsinstansie vandag Mercedes Benz-voertuie koop vir ampsdraers en die volgende dag besluit jy dit is nie genoeg nie en dan koop jy sportnutsvoertuie. Dit is wanneer jy hulpbronne skaars maak, want jy koop dieselfde ding drie of vier keer wanneer jy daardie geld op ander dinge – wat jy nie reeds het nie – kon bestee het,” het hy gesê.
“Ons moet altyd die agtergrond ondersoek wanneer ons sê die hulpbronne is skaars. Is dit regtig skaars of is dit weens ons eie toedoen?”
BEPERKTE FONDSE
Dyakugha sê sy kantoor se fondse is beperk.
“Ons het nie die geld om byvoorbeeld klagtes van korrupsie te ondersoek nie. Ons het ’n rol om in die bekamping van korrupsie saam met die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) te speel – net soos enige ander burger van hierdie land. Om korrupsie te ondersoek is nie deel van ons mandaat nie, maar waar ’n landsburger ons nader met bewyse van korrupsie, sal ons hulle na die ACC verwys,” het hy gesê.
PLAASLIKE OWERHEDE
Dyakugha sê: “Plaaslike owerhede moet hulle werk doen om menseregte te verseker, soos die voorsiening van water. Dieselfde geld vir behuising en sanitasie – hulle gaan hard moet werk.”
Hy het gesê die sloping van informele nedersettings is ’n blatante skending van mense se regte.
“Dink net as ’n kind eendag skool toe gaan en hulle kom ná skool terug en hul huis is net nie meer daar nie. . .”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie