Foto ter illustrasie/Pexels,Madknoxxvisual
Foto ter illustrasie/Pexels,Madknoxxvisual

Minder Namibiërs tevrede met demokrasie

Iréne-Mari van der Walt
’n Afrobarometer-opname toon dat Namibiërs se tevredenheid met demokrasie met 12 persentasiepunte gedaal het vergeleke met tien jaar gelede.

Namibiërs se afkeuring van ’n militêre regering het ook met 13 persentasiepunte afgeneem.

Dit het aan die lig gekom in ’n opname waartydens onderhoude met 53 444 Afrikane in 39 Afrikalande gevoer is.

In 2011-’13 het gemiddeld 64% van Namibiërs aangedui dat hulle demokrasie verkies, maar in 2021-’23 het net 55% dieselfde sentiment gedeel.

In dieselfde tydperk het Namibiërs se tevredenheid met demokrasie van 62% tot 50% gedaal en hul afkeuring van ’n militêre regering van 77% tot 64%.

AFRIKA

Terwyl Afrikane steeds glo dat demokrasie die beste regering is, het steun vir demokrasie gesak.

“Terwyl steun vir demokrasie hoogs vatbaar vir ekonomiese, maatskaplike en politieke optrede is, is dit veerkragtig teen ekonomiese faktore soos armoede en swak ekonomiese bestuur,” luidens Afrobarometer se verslag.

Afrobarometer skryf die wankelende ondersteuningsyfers vir demokrasie toe aan politieke faktore soos toenemende korrupsie in plaaslike regerings, verkiesings van swak gehalte en ’n gebrek aan presidensiële aanspreeklikheid.

Terwyl die jeug in Afrika min verskil van die ouer bevolking oor die kwessie van ’n militêre regering, toon hulle ’n groter bereidwilligheid om militêre ingryping te duld.

Afrobarometer se opnames word uitgevoer onder steekproefgroepe van 1 200 mense in Namibië ouer as 18 wat die demografie van ’n land verteenwoordig.

In Namibië word die steekproefgroep deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) verskaf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!