Minister Leon Jooste lê vandag die tuig neer. Foto Argief
Minister Leon Jooste lê vandag die tuig neer. Foto Argief

Minister Leon Jooste bedank

Ronelle Rademeyer
Minister Leon Jooste wat sedert 2015 aan die hoof staan van die ministerie van openbare ondernemings (SOE’s), het uit die kabinet en as parlementslid bedank.

Dit is vanaf vandag van krag.

Dié aankondiging is pas deur Staatshuis gemaak.

Hy het vroeër vanmiddag aan Republikein gesê hy is hartseer om die tuig as politikus en minister neer te lê.

Sy ministerie word op aanbeveling van die Hoëvlakpaneel op die Namibiese Ekonomie (HLPNE) by die ministerie van finansies ingelyf, ’n stap wat hy steun.

“Dis met trots en ’n gevoel van tevredenheid dat ek kan bevestig pres. Hage Geingob se oogmerk om die ministerie van staatsondernemings uit te faseer soos deur die HLPNE aanbeveel is, is bereik. Die ministerie sal binnekort omskep word in die departement van staatsondernemings in die ministerie van finansies,” het hy einde verlede jaar in ’n verklaring gesê.

“Die tydperk van kreatiewe konseptualisering sal nou plek maak vir ’n tydperk van implementering, waar die vrugte van ons arbeid vir baie jare vorentoe positiewe uitkomste sal lewer,” het hy gesê.

“Die verantwoordelikhede van die aandeelhouer, in dié geval die regering, sal aansienlik verbeter wanneer sy bevoegdhede en begrotingsfunksies in die ministerie van finansies gekonsolideer word,” was sy woorde.

Geingob het Jooste bedank vir sy vasberadenheid om openbare ondernemings te hervorm deur die inwerkingtreding van die Wet op Openbare Ondernemingsbestuur van 2019, en vir die suksesvolle voltooiing van sy taak as minister. Verder het Geingob gesê Jooste het 'n belangrike rol in nasiebou gespeel. Hy het hom sterkte toegewens vir die toekoms.

Jooste was van 2004 tot 2005 adjunkminister van streek- en plaaslike regering, en het as adjunkminister van omgewingsake en toerisme gedien van 2005 tot 2009. –[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!