Ministers ontmoet Okapale-vissermanne
Aanvaarbare oplossings gesoek
Die vissermanne kla vismaatskappye buit hulle uit en weier om hulle permanent in diens te neem.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne en die minister van arbeid, werkskepping en nywerheidsbetrekkinge Utoni Nujoma het met meer as 200 vissermanne vergader wat onder die vaandel van die Staatsdiensregstellingsvorm (GERP) in diens geneem is. Die vergadering wat in Walvisbaai plaasgevind het, was daarop gemik om arbeidsverwante kwessies en ook ander kwessies te bespreek wat in petisies aan die twee ministeries gerig is.
'n Totaal van 2 483 gewese vissermanne is onder die program weer in die visbedryf opgeneem. Die vissermanne was voorheen in diens van Namsov en het aan die onwettige staking van 2015 deelgeneem of hul werk as 'n gevolg van die Fishrot-skandaal verloor. Klazen sê die ministeries werk saam met en kommunikeer deur 'n werkerskomitee wat aangestel is.
"Ons het gevoel dat ons julle persoonlik ook moet sien. Ons het ook die onderskeie maatskappye genooi om die vergadering by te woon," het hy gesê.
Nujoma het bygevoeg ministeries word gelei deur artikel 95 van die Namibiese grondwet om die welstand van alle werkers te verseker.
"Dit is hoekom, wanneer daar probleme is, dit ons plig is om die werknemers en die werkgewers te ontmoet om te probeer om 'n aanvaarbare en vriendelike oplossing te vind. Ons wil gesonde arbeidsverhoudinge bevorder, maar ons is ook bewus daarvan dat daar 'n beperking op alles is. Ons het beperkte hulpbronne - veral in die visbedryf," het hy gesê.
Hy het verwys na die land se sardynvoorraad waarop 'n moratorium geplaas is weens oorbenutting van die bron.
"Dit is waarom die minister na wetenskaplikes moet luister wanneer hulle sê hulle is besig om te evalueer of die visvoorrade verbeter of nie. Die afgelope paar jaar het hierdie wetenskaplikes vir ons gesê dié kritieke hulpbron is besig om af te neem. Die ministerie het dus net 'n beperkte kwota beskikbaar wat onder ons kwotahouers verdeel word om ons mense in diens te neem," het Nujoma verduidelik.
Volgens die arbeidsminister het sy ministerie verskeie petisies ontvang.
"Ons wil van julle hoor wat die oplossings is. As ons aanhou vorentoe beweeg met ongelukkigheid onder mekaar en 'n gebrek aan konsultasie, gaan dit ons nie help nie. Kom ons hou in gedagte dat ons 'n beperkte hulpbron het teen die agtergrond van 'n hoë werkloosheidsyfer in ons land."
Nujoma het bygevoeg: "Ons moet onthou daar is steeds ander vissermanne wat werkloos by die huis sit. Ons is hier om te luister en om 'n konstruktiewe gesprek te hê, sodat ons die kwessie vir eens en vir altyd kan uitsorteer. Die hulpbronne is beperk, maar ons moet hierdie bedryf bevorder wat kritiek is vir die oorlewing van so baie.
Klazen het daarop gewys dat uit die 2 483 vissermanne wat weer in diens geneem is, 550 in die marsbankerbedryf is, terwyl 'n verdere 1 933 in die stokvisbedryf is.
"Die GERP-programme is nie net 'n herhaling of voortsetting van hulle vorige werksgeleenthede nie, maar 'n nuwe aanbod wat daarop gemik is om eenvoudig werk aan hulle te verskaf binne die vertikale integrasie van die visbedryf. Dit bestaan uit die vang, vries, verpak, bemark en verkoop van vis, verwante produkte en ander mariene hulpbronne. Dit is nie spesifiek ontwerp om aan die gewese vissermanne werk op die see te gee nie."
In April vanjaar het die vissermanne aangedring op geregtigheid en 'n petisie aan die twee ministers gerig waarin hulle verwys na onregverdige behandeling, opskorting van kontrakte asook ongelyke belasting. Die werkers het ook beweer net tydelike poste is aan hulle toegewys, terwyl 'n vorige ooreenkoms beweer het hulle sou op 'n permanente basis in diens geneem word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie