N$1,3 miljard vir streek- en plaaslike ontwikkeling
Verlede jaar is 1 751 erwe gediens, 1 478 huise gebou
Wetgewing rakende tradisionele owerhede en leiers sal hersien word.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het Woensdag die ministerie se begroting van N$1,3 miljard in die parlement gemotiveer.
Uutoni het gesê dié bedrag is 15% minder as wat die ministerie verlede jaar ontvang het.
Altesaam N$250 miljoen sal vir die ontwikkeling van behuising landswyd aangewend word.
Die bou van munisipale infrastruktuur, behuising, en sanitasie sal saam met die versterking van verblyfsregte die meeste van die geld opslurp. Verder is N$9,5 miljoen vir die Build-Together program en N$10 miljoen vir die Shack Dwellers Federation geoormerk.
Volgens Uutoni kon die ministerie in die 2021-’22-boekjaar in samewerking met belanghebbers en vennote soos die NHE en GIPF, 1 751 erwe diens en 1 479 nuwe huise bou, terwyl 43 nuwe nedersettings in dié tydperk amptelik afgekondig is.
Sowat N$837 miljoen is vir streek- en plaaslike owerhede asook tradisionele owerhede geoormerk.
Verder sal die ministerie aandag skenk aan die wysiging van die Wet op die Tradisionele Leiersraad (Wet no. 13 van 1997) en die Wet op Tradisionele Owerhede (Wet no. 25 van 2000).
“Die ministerie en belanghebbers het verskeie teenstrydighede en skuiwergate in die bestuur en toepassing van dié twee wette, wat die tradisionele leiers en owerhede se sake reguleer, geïdentifiseer.” het hy gesê.
Volgens hom duur die hersiening en wysiging van dié twee wette voort. Die ministerie sal ook in hierdie finansiële jaar ’n program vir stedelike grondhervorming ontwikkel en die witskrif vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling hersien, sê hy.
Altesaam N$12,28 miljoen is geoormerk om openbare deelname in die beplanning en besluitneming van ontwikkelingsdoelwitte te bevorder.
Die geld sal spesifiek vir desentralisasie aangewend word.
Streekrade moet reeds in 2021-’22 die funksies van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur oorneem.
Die administrasie van pensioenbetalings en ander toelaes word ook nou op streekvlak behartig terwyl primêre gesondheidsdienste – wat nou deur streekrade by die ministeries van gesondheid en welsynsdienste oorgeneem is – in die Staatskoerant gepubliseer is.
Verder sê die minister dat landboudienste soos uitreikdienste en raad vir gewasse en veeproduksie binnekort die verantwoordelikheid van streekrade sal word.
Gedurende 2022-’23 wil Uutoni sekere funksies van die ministeries van sport, jeug en nasionale dienste, landbou, water en grondhervorming en arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping ook oorskuif.
Wetgewing wat hy vir hersiening teiken, sluit in die streekraadswet van 1992 en die voltooiing van die wetsontwerp vir die kiesafdelingsontwikklingsfonds. Die plan van aksie wat op desentralisasie van toepassing is, moet ook voltooi word, sê hy.
Die ministerie sal meer as N$84 miljoen op landelike ontwikkeling bestee. Altesaam N$20 miljoen is vir die bou van toilette bestem.
Die vorige finansiële jaar was die minister in staat om 572 toilette aan landelike gemeenskappe te voorsien.
Altesaam N$4,2 miljoen sal vir eie inkomste- en werkskeppingsprojekte vir die jaar beskikbaar gestel word, terwyl 23 projekte verlede jaar uit soortgelyke hulp gebaat het.
Altesaam N$30 miljoen sal vir die bou van ses nuwe landelike ontwikkelingsentrums gebruik word, terwyl N$8 miljoen geoormerk is vir voortsetting van bedrywighede by die sentrums. Die nuwe sentrums word op Rupara, Masokotwane, Eembaxu, Ogongo, Snyfontein and Gibeon gebou. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie