N$18 miljoen vir Kutako-gedenkterrein
Regering se prioriteite bevraagteken
Politieke leiers verwelkom die konstruksie van 'n gedenkterrein vir die geskiedkundige politikus, maar sê die tydsberekening daarvan is nie ideaal nie.
Terwyl die beoogde begroting vir die konstruksie van die Hosea Kutako Shrine and Memorial Homestead verwelkom is, is die tydsberekening van dié uitgawe egter bevraagteken.
Die regering het N$18 miljoen vir die konstruksie van die projek vir die 2022-‘23-boekjaar begroot, terwyl ‘n verdere N$7 miljoen en N$8 miljoen vir die 2023-‘24- en 2024-‘25-boekjare onderskeidelik geoormerk is.
Mnr. Josef Kauandenge, sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), het die uitgawe verwelkom, maar gesê dit moes in die lig van Namibië se huidige ekonomiese situasie opsy geskuif word.
“Vanweë die ekonomiese uitdagings, sou mens verwag dat dié soort uitgawes vir eers gehalt word. Ek sien ook N$224 miljoen is aan verblyf- en reistoelaes toegewys, 40% meer as verlede jaar,” het hy gesê en die regering se prioriteite bevraagteken.
Hy het egter die werk wat gedoen word om Kutako te vereer, verwelkom en gesê hy het ‘n groot rol in Namibië se onafhanklikwording gespeel.
Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het Kauandenge se sentimente beaam en gesê Kutako het ‘n deurslaggewende rol in Namibië se onafhanklikheid gespeel.
“Kutako het ‘n kardinale rol in die land gespeel,” het hy gesê, maar bygevoeg die tydsberekening is nie geskik nie.
“Weens historiese korrektheid het die president (Hage Geingob) besef hy (Kutako) is nie vereer nie. Die N$18 miljoen is nodig vir historiese toepaslikheid,” het hy gesê.
WERKSKEPPING
Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het die projek geregverdig en gesê dit skep werksgeleenthede en waarde in die Omahekestreek waar dit tans gebou word.
“Die Hosea Kutako Shrine and Memorial Homestead het meer as 50 werksgeleenthede vir Namibiërs geskep tydens die boufase. Namibiërs word in diens geneem soos ons praat. Voortaan sal die gedenkterrein self geleenthede skep in die toerisme- en ontspanningbedrywe van die Aminius-kiesafdeling,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dis ‘n algemene praktyk om Namibiërs te vereer wat ‘n belangrike rol in Namibië se onafhanklikwording gespeel het.
“Namibië is nie ‘n eiland nie en wat ons doen om hoofman Kutako – ‘n uitstaande Namibiër – te vereer, is normaal as jy dit vergelyk met wat lande oraloor die wêreld doen.”
Kutako is reeds vereer met ‘n granietgrafsteen by die Heldeakker, terwyl Namibië se hooflughawe en een van Windhoek se hoofroetes na hom vernoem is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie