AT WORK: Zambezi Regional Council CRO, Regina Ndopu-Lubinda.
AT WORK: Zambezi Regional Council CRO, Regina Ndopu-Lubinda.

N$4,7 miljoen se korrupsie 'onder die mat gevee'

Raadslede steeds by die werk
Borgtog van N$50 000 is aan elkeen toegestaan
Kenya Kambowe
Verskeie maande het verbygegaan sedert die Zambezi-streeksraad besluit het om ses senior raadslede, ingesluit die hoofstreeksbeampte Regina Ndopu-Lubinda te skors ná hul inhegtenisneming deur die Teenkorrupsiekommissie van Namibië

(ACC) oor ‘n N$4,7 miljoen-korrupsieskandaal. Republikein se susterskoerant Namibian Sun het inligting ontvang dieselfde amptenare gaan egter voort om by die werk aan te meld asof niks gebeur het nie. Dit wil voorkom asof Matengu Simushi, voorsitter van die streeksraad se bestuurskomitee hom na bewering tussen twee vure bevind. Simushi is glo onder die druk van sy verbintenis tot Swapo en diegene wat by die miljoen-dollar-skandaal betrokke is. Simushi wou nie kommentaar lewer nie en weier sedert die inhegtenisnemings om op enige boodskappe of telefoonoproepe van Namibian Sun te reageer.

Die koerant het op 25 Oktober 2023 berig oor hoe die Zambezi-streeksraad ‘n geslote vergadering gehou het om die onlangse arrestasie van ses senior raadslede te bespreek. Op die vergadering het die meerderheid van die raadslede besluit al die amptenare wat deur die ACC in hegtenis geneem is, moet geskors word. Hulle mag ook eers terugkeer werk toe wanneer die hofsaak afgehandel is.

Die amptenare wat vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem is, is Ndopu-Lubinda, hoof van beplanning en landelike ontwikkeling, Beaven Walubita, adjunkdirekteur van beplanning, Cletius Mubita, hoofbeplanner, Daniel Mbala, adjunkdirekteur vir administrasie, Abraham Shikoyeni en hoofrekenmeester Nimrod Lichela.

STILSTAND

Na bewering word die saak nie as dringend hanteer nie, omdat Shimushi hom as Swapo-lid in ‘n moeilike situasie bevind met die meerderheid van dié wat by die skandaal geïmpliseer word wat ook partylede is.

Agt raadslede dien in die raad. Vier verteenwoordig Swapo verteenwoordig en een die Independent Patriots for Change (IPC), terwyl die ander drie onafhanklike kandidate is. ‘n Raadslid vir die kiesafdeling wat verkies om naamloos te bly, het aan Namibian Sun gesê die raad het nog geen sitting gehad sedert die spesiale vergadering waar die besluit geneem is om die amptenare te skors nie.

“Ons het geen terugvoer gekry sedert ons die besluit geneem het om hulle te skors nie. Ons is in die donker net soos jy. Die voorsitter is partydig en hy probeer met alle middele om sy kamerade te beskerm,” het die bron gesê.

KORRUPSIE

Namibian Sun het onlangs berig Ndopu-Lubinda het 'n betaling van N$4,7 miljoen aan Denchi Consulting Engineers uit die raadskas goedgekeur, nadat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geweier het om dit te magtig. Die ander vyf verdagtes is glo volgens polisieondersoekers deel van ‘n administratiewe groep wat betrokke is by ‘n skema om die streekraad te bedrieg.

Ondersoeke sal ook kyk na betalings wat na bewering deur amptenare ontvang is om ‘n transaksie vir Denchi te fasiliteer.

Polisiebronne het aan Namibian Sun gesê Ndopu-Lubinda Denchi het nie prosedures gevolg soos uiteengesit in die wet op openbare verkryging nie. Al ses amptenare het ná hul inhegtenisneming in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn en is elk borgtog van N$50 000 toegestaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!