N$5 miljoen se diefstal agtervolg parlement
Die parlement het onder skoot gekom omdat hy na bewering diefstal van meer as N$5 miljoen weggesteek het en die geïmpliseerde personeel stilweg afgedank het sonder om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) of die polisie te nader.
Ná mnr. Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning (AR), herhaaldelik ultimatums gestel het, het die Nasionale Vergadering (NV) Saterdag 'n verklaring uitgereik wat bevestig het diefstal is gepleeg, en dat slegs N$1,2 miljoen deur drie personeellede verduister is.
Die NV het veral aanstoot geneem oor Amupanda se beskuldiging dat “parlementêre korrupsie van multimiljoendollar” toegesmeer is.
Die NV het in hul verklaring Amupanda se aansprake verwerp en gesê die NV smeer nie korrupte bedrywighede toe of praat dit goed nie en sê verder Amupanda se bewerings is vals en misleidend.
Hulle het egter bevestig dat in plaas van die Teenkorrupsiewet, het hulle van die Wet op Staatsfinansiering gebruik gemaak om met die skuldiges af te reken. Dit het die NV in staat gestel om die geld deur salarisaftrekking, of van die beskuldigdes se pensioenfonds te verhaal.
“Die sake is soos volg opgelos: Een van die personeellede is ontslaan en geld is van die lid se pensioenfonds verhaal; 'n ander het bedank en geld is van sy pensioenfonds en verlofuitbetaling verhaal en die derde lid het bedank en die invorderingsproses is aan die gang,” lui die verklaring.
Intussen het die Nasionale Raad (NR) gister ook ’n verklaring uitgereik waarin bevestig word dat een van sy rekenmeesters geld verduister het en bedank het kort ná die ontdekking van die diefstal.
Die NR het na bewering 'n saak by die Namibiese polisie aanhangig gemaak en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem. Die saak dien tans in die Windhoekse landdroshof waar dit tot 16 Mei 2022 vir pleitverduideliking uitgestel is.
Amupanda het gister in reaksie op die verklaring die NV daarvan beskuldig dat hy jok en dat vier en nie drie personeellede by die diefstal betrokke was nie. Hy beweer die verduistering was na bewering ook meer as N$5 miljoen.
“Hulle verdien om ingelig te word, soos ek hiermee doen, dat die korrupsie by die NV eintlik kummulatief meer as N$5 miljoen is. Hulle verdien om te weet dat parlementêre leiers al byna drie jaar lank korrupsie oor hierdie aangeleentheid toesmeer vanaf die saak van die een wat selfone vir sy vriendinne met parlementsgeld gekoop het. Die mense van Namibië verdien om te weet dat parlementêre leiers die bepalings van die Teenkorrupsiewet oortree het. Vir Namibiërs is dit dus duidelik dat korrupsie inderdaad by die NV plaasgevind het en hierdie korrupsie, wat slegs “finansiële ongerymdhede” genoem word, is nie by die polisie of die ACC aangemeld nie. Dit is duidelik dat parlementêre leiers by talle geleenthede geweet en aktief daaraan gewerk het om gladde deurgang en landing vir skuldiges te bewerkstellig,” het hy gesê.
Volgens Amupanda het die NV in die verlede die volle gesag van die wet gebruik om met skuldiges af te reken wat minder geld verduister het as wat tans ter sprake is, wat die vraag laat ontstaan of parlementariërs voordeel daaruit getrek het.
VOORTDURENDE KORRUPSIE
Intussen het kritici die rooi vlag gehys oor wat blyk te wees "korrupsie wat gepleeg is en agter geslote deure of in die geheim hanteer is”.
Volgens prof. Joseph Diescho is die feit dat die NV erken drie werknemers is uitgeken vir korrupte aktiwiteite en die kwessie intern hanteer is, is self ’n korrupte aktiwiteit.
“Die geld wat verduister is, is nie geld wat aan die individuele leiers in die NV behoort nie, maar is staatsgeld. Verdagtes moes by die ACC aangemeld gewees het vir onmiddellike optrede soos die wet voorskryf. Die NV se versuim om die regsentiteit, naamlik die ACC in te lig, is 'n toesmeerdery. Om die verduisteraars van staatsfondse te laat wegkom asof geen misdaad gepleeg is nie, is ongetwyfeld om korrupte gedrag te fasiliteer en goed te keur,” het hy gesê.
Intussen het me. Celeste Becker, ’n parlementslid van die Popular Democratic Movement (PDM), aan Eagle FM gesê die betrokke mense het 'n rekenmeester by die departement van finansies ingesluit, wat glo verlede jaar bedank het toe dit aan die lig gekom het dat hy byna 'n miljoen dollar gesteel het.
Paulus het na bewering daaglikse verblyfstoelae aan homself betaal wanneer hy soortgelyke betalings vir parlementslede of NV-personeel verwerk het.
Die tweede verdagte word beweer was 'n direkteur in regsdienste, wat twee jaar gelede bedank het, omdat hy na bewering kontrakselfone wat vir parlementsdirekteure geoormerk was, wanaangewend het en dit na bewering aan sy minnaresse gegee het.
Nog 'n verdagte was na bewering verantwoordelik vir die NV se aankope, en het glo fiktiewe maatskappye betaal sowel as van sy eie maatskappy aankope gedoen, wat beteken het die NV het vir items en goedere betaal wat nie bestaan het nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie