Namibië verteenwoordig die globale Suide
Beraad vind in September in New York plaas
Namibië en Duitsland is medefasiliteerders van die komende Verenigde Nasies se Beraad vir die Toekoms.
President Nangolo Mbumba het die naweek sy nooienstoespraak as eweknie by die 44ste gewone beraad van staatshoofde en regerings van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Harare, Zimbabwe, gelewer.
Hy sê Namibië is ’n medefasiliteerder, in samewerking met Duitsland, van die komende Verenigde Nasies (VN) se Beraad vir die toekoms om gesamentlike ontwikkelingsdoelwitte te bevorder.
“Namibië het hierdie belangrike rol as ’n verteenwoordiger van die globale Suide aangeneem.
“Ek kan julle gerus stel dat Namibië hierdie taak met die grootste toewyding en gewilligheid aanvaar het om ons gesamentlike stem by te voeg sodat ons inklusief ’n beter wêreld vir die huidige en toekomstige geslagte kan bou,” het Mbumba gesê.
Die Beraad vir die Toekoms sal op 22 en 23 September in New York plaasvind, om saam met die 79ste sitting van die VN se Algemene Vergadering te val.
Verlede week het die president van die Algemene Vergadering, Dennis Francis, met Namibië se ambassadeur en voltydse verteenwoordiger by die VN, Neville Gertze en sy Duitse eweknie, Antje Leendertse vergader. Dit was ter voorbereiding van die Beraad vir die Toekoms, en hy het afsonderlik ook met die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, vergader.
Mbumba het die streekleiers bedank vir hul ondersteuning tydens die moeilike afskeid van wyle president Hage Geingob en Namibië se meegevoel met Malawi se onlangse verlies van sy visepresident, dr. Saulos Chilima, en Tanzanië se ontslape president, Mzee Mwinye, gedeel.
Hy sê waarnemers van SADC se raadgewende verkiesingsraad het pas hul besoek ter voorbereiding van die komende nasionale verkiesing in Namibië voltooi en dat die land aandag gee aan hul bevindings.
Verder beklemtoon Mbumba die gevaar van die verspreiding van onrus in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), en prys die werk van SADC se vredesmagte in dié land en in Mosambiek waar die situasie in Cabo Delgado weer na normaal teruggekeer het, sê hy. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie