Foto ter illustrasie/Pexels, Element5 Digital
Foto ter illustrasie/Pexels, Element5 Digital

Namibiërs byna gelykop verdeel oor regeringskwessies

Iréne-Mari van der Walt
In ’n onlangse Afrobarometer-opname het meer as die helfte (55%) van die Namibiese steekproefgroep van 1 200 respondente gesê hulle is tevrede met die manier waarin demokrasie in Namibië funksioneer.

’n Soortgelyke persentasie (53%) het aangevoer dat gewapende magte geregtig is om beheer te neem van ’n land, sou die verkose leiers hul magte misbruik. Sowat 57% van die respondente het gesê dit maak nie saak of een party die verkiesing oorheers nie, solank die verkiesings vry en regverdig is. Uit die groep van 1 200 respondente het 73% geantwoord 'n veelpartystelsel is nodig om te verseker dat Namibiërs keuses het in wie hulle kies om te regeer. Byna 40% van die respondente glo dit is beter as mag soms van een party na ’n ander verskuif in ’n demokrasie.

Sewe uit tien respondente beskryf Namibië as ’n volle demokrasie of ’n demokrasie met klein probleme.

Afrobarometer-opnames word uitgevoer onder steekproefgroepe van 1 200 mense bo die ouderdom van 18 jaar wat die demografie van ’n land verteenwoordig. In Namibië word die proefgroep deur die Namibië Statistieke Agentskap (NSA) verskaf. Dié toetsmetode bied 95% vertroue binne drie persentasiepunte. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!