NamWater takel Rundu se water
Bestaande skema op maksimum kapasiteit
Die huidige waterverspreidingsnetwerk verloor byna 50% van die water deur lekkasies en wat die stelsel uiters onvoldoende en duur maak.
Die minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein het sy kommer uitgespreek oor die toenemende uitdagings wat ervaar word in die voorsiening van voldoende en kwaliteitwater aan Rundu en sy woonbuurte.
Schlettwein was aan die woord tydens die sooispitseremonie vir die moderne uitbreiding en verwante wateraanleg op die dorp teen 'n beraamde koste van meer as N$600 miljoen. Volgens die minister is die bestaande skema oud, word dit tans op maksimum kapasiteit gebruik en kan sy vermoë om kwaliteit drinkwater te lewer, in die slag bly.
"Wat belangrik is, is dat die waterverspreidingsnetwerk van Rundu byna 50% van die water deur lekkasies verloor en wat die stelsel uiters onvoldoende en duur maak. In reaksie hierop het die regering 'n finansieringsooreenkoms met die African Development Bank (AfDB) in 2020 aangegaan om die Namibië Watersektorprogram te ondersteun. 'n Gedeelte van die lening sal gebruik word in die finansiering van die verskaffing van ingenieurskonsultasiedienste, sowel as die konstruksie van die uitbreiding van die suiweringsaanleg op Rundu," het Schlettwein verduidelik.
"Die huidige infrastruktuur vir watervoorsiening in Rundu het sy bruikbare ekonomiese leeftyd oorskry en wat dit toenemend moeilik maak om in die stygende wateraanvraag van ons bevolking te voorsien. Soos die dorp uitbrei en die bevolking groei, verhoog die druk op ons bestaande stelsels. Ons moet bewustelik optree om hierdie kwessies aan te spreek. Ons toegang tot drinkbare watervoorsiening in die land staan op 87%. Ons bly daartoe verbind om die gaping te sluit en watervoorsiening na die oorblywende 13% in die kortste moontlike tyd uit te brei," het hy gesê.
Volgens die minister is die kontrak vir die konstruksie van die infrastruktuur toegeken aan 'n bekwame kontrakteur en sal die projek N$665 miljoen kos. Laasgenoemde is deel van die Development Bank-leningsgeriewe van sowat N$1.8 miljard wat bestem is om projekte onder die ondersteuningsprogram vir die Namibië Waterprojek te finansier.
Die uitbreiding van Rundu se wateraanleg is die regering se oplossing tot die stygende aanvraag na watervoorsiening deur die dorp se inwoners en industrieë, sowel as die omliggende gemeenskappe, aldus die minister.
Die projek sluit in die konstruksie van bykomende opgaardamme van tot 35 500 kubieke meter in volume, asook die konstruksie van nuwe pompstasies met toegewyde pyplyne na die bestaande en verhoogde reservoirs by die Rundu- en Nkarapamwe-skemas. Volgens Schlettwein is die infrastruktuur wat die regering tans onder die projek bou, nie vir Rundu bestem nie. Om hierdie rede gaan pyplyne vanaf die Nkarapamwe-stasie na die nedersettings van Kayengona en Masivi aangelê word en wat buite Rundu se dorpsgrense geleë is.
NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia sê baie dele van Rundu het tans nie volgehoue betroubare watervoorsiening weens lae druk of pype wat voordurend bars nie.
"Dit is ernstige probleme wat ons met watervoorsiening in die gesig staar. Bykomend dek die huidige stelsel ook nie gebiede buite die dorpsgrense voldoende nie. Ons fokus nou op die uitbreiding van die bestaande infrastruktuur verder as die dorpsgrense om 'n groter bevolking in die twee streke te bedien. Ons het verskeie onwettige verbindings en kwessies van vandalisme en ons beplan om 'n sterk stelsel te vestig wat hierdie uitdagings kan hanteer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie