Nie genoeg personeel vir Trans-Kalahari-grenspos
Ou verblyfsgeriewe vervalle
'n Bykomende 102 personeellede is vir die regering se grensagentskappe nodig om die eenstop-grenspos suksesvol te bedryf.
Die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA) beplan om 31 huise teen ’n koste van N$800 000 elk (ongeveer N$25 miljoen) vir sy personeel by die Trans-Kalahari-grenspos te bou.
Die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge en ekonomie sê in ’n verslag na afloop van ’n besoek, dat sommige NamRA-amptenare reeds van die nuutgeboude voorafvervaardigde huise en bestaande staatsbehuising deel aangesien daar nie voldoende behuising beskikbaar is nie.
Vier doeanebeamptes huur ook private eiendom wat by die grens geleë is, met NamRA wat daarvoor betaal. Volgens NamRA is die ou behuisingsgeriewe vir personeel vervalle en moet dit dringend herstel word.
Die konstruksie van die eenstop-grenspos en kommersiële eenhede op die grens is sowat 70% voltooi.
Luidens ’n verslag van die staande komitee is daar ’n behoefte aan ’n bykomende 102 personeellede vir die regering se grensagentskappe om die eenstop-grenspos suksesvol te bedryf. Tans is daar 52 werknemers in diens.
Tydens ’n besoek het die komitee ook bevind daar is ’n behoefte aan ’n verbrandingsoond om sensitiewe produkte soos plante en vleis waarop beslag gelê is, te verbrand.
’n Vrieskas en stoorgeriewe is ook nodig om bederfbare produkte te stoor wat by die grens afgeneem word. Die grenspos moet ook ordentlike inspeksiebane hê sodat die inspeksie van lewende hawe in vragmotors kan voortgaan as dit reën.
Volgens die komitee is die huidige aantal personeel nie genoeg vir die werklading en om die eenstop-grenspos te bedryf nie.
NamRA benodig 23 bykomende personeel, 27 vir immigrasie, nege beamptes vir die direktoraat van veeartsenydienste, vyf bykomende personeel vir die raad vir lewende hawe en lewendehaweprodukte, 12 vir die Padfondsadministrasie, ses beamptes vir gesondheid, sowel as 20 bykomende polisiebeamptes.
Volgens die komitee is daar ’n dringende behoefte aan ’n preprimêre skool vir die kinders van beamptes wat by die grenspos gestasioneer is.
Die plaaslike kliniek kort ook aandag omdat daar ’n tekort aan basiese mediese toerusting en medisyne is om in die behoeftes van personeel én reisigers te voorsien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie