NIP-raadsvoorsitter beskuldig van konflik van belange
Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het sake begin doen met ’n behuisingsontwikkelingsmaatskappy waarin sy raadsvoorsitter, Ingah Ekandjo, aandele het en ’n uitvoerende direkteur is.
NIP het die besluit aan Network Media Hub (NMH) bevestig in reaksie op navrae oor ’n brief van die Namibiese Staatswerkersunie (Napwu) se sekretaris-generaal, Petrus Nevongo, waarin hy Ekandjo daarvan beskuldig dat sy haar posisie by die staatsonderneming vir persoonlike gewin gebruik.
NIP hou vol dat Ekandjo haar onttrek het van alle besluitnemingsprosesse wat met die transaksie verband hou.
Ekandjo dien as ’n uitvoerende direkteur van 20Twenty Financial Solution Pty Ltd, ’n maatskappy wat tans finansiële dienste aan NIP-werknemers bied om hulle te help om bekostigbare behuising te bekom. ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) tussen die twee maatskappye is in Februarie vanjaar onderteken.
In sy brief gedateer 8 April beweer Nevonga sy gebruik na bewering op ’n korrupte manier haar posisie om haarself te bevoordeel.
Hy beweer ook Ekandjo is kop in een mus met die NIP se uitvoerende hoof, Kapena Tjombonde, en die hoof vir mensekapitaal, Oaitse van Staden.
Volgens Napwu eis sy lede by NIP die onmiddellike bedanking van al drie amptenare.
Tjombonde se dienskontrak bly geldig tot Februarie 2026.
“Sy [Ekandjo] gebruik op ’n korrupte manier haar posisie om haarself te bevoordeel. ’n Klassieke voorbeeld is die ooreenkoms, wat op 20 Februarie onderteken is, tussen 20Twenty Financial Solution Pty Ltd waar sy ’n uitvoerende direkteur is en NIP waar sy ’n raadsvoorsitter is.
“Tjombonde het die kontrak met Van Staden as getuie onderteken, met Gideon Cornelissen wat as uitvoerende hoof van 20Twenty geteken het,” sê Nevongo, wat dit as ’n konflik van belange beskryf.
REAKSIE
NIP het in reaksie bevestig Ekandjo is ’n aandeelhouer in 20Twenty, maar dat sy haar konflik van belange verklaar het en haarself van alle verwante sake onttrek het.
“[Ekandjo] het as voorsitter van die instituut se raad van direkteure die konflik van belange weens haar aandeelhouding in 20Twenty verklaar en sy het haarself onttrek van enige kwessies wat met die maatskappy verband hou om haar onpartydigheid te handhaaf,” het NIP aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Die instituut het ook gesê deelname aan die 20Twenty-behuisingsinisiatief is heeltemal vrywillig.
“Die ooreenkoms met 20Twenty is totaal vrywillig vir NIP-werknemers. Geen personeellid is verplig of gedwing om dit te gebruik nie,” aldus NIP.
Die ooreenkoms weerspieël soortgelyke aftrekkingsgeriewe wat NIP “lank reeds by verskeie handelsbanke in plek het vir personeellenings en selfs die vakbond se eie stelsel vir lidmaatskapfooie”.
“Met ander woorde, werknemers het nog altyd die keuse gehad om aftrekkings van hul salaris vir finansiële verpligtinge van hul keuse goed te keur – hetsy vir ’n persoonlike banklening, ’n vakbondfooi of nou ’n 20Twenty-huislening.
“Die 20Twenty-opsie is net dit: nog ’n opsie beskikbaar vir personeel wat wil voordeel trek uit ’n innoverende oplossing vir huisfinansiering.
“Dit werk op dieselfde voorwaardes as die ander aftrekkings – deur die werknemer se toestemming en op hul versoek. Vergelykings met ‘gedwonge skemas’ is dus misplaas,” volgens NIP.
VERKRYGINGSKWESSIES
Nevonga het in sy brief ook verwys na die konsultant vir die herstruktureringsproses, NPS Management Solution, wat deur Executive Leadership Team (ELT) aangestel is en wat kommer laat ontstaan oor onpartydigheid.
Volgens hom het die uitvoerende bestuur die verkrygingswet met die aanstelling van die konsultant oortree.
“Die meeste werknemers is nie oor die herstruktureringsproses geraadpleeg nie.
“Inligting oor die proses is weerhou en die proses self blyk voorafbepaald, diskriminerend en op spesifieke werknemers gerig te wees,” sê Nevonga.
In sy verweer hierop sê NIP die konsultant is ingevolge die verkrygingswet vir die skofstelsel aangestel. Die huidige struktuur word beskryf as “baie staties” en nie meer in pas met die huidige bedryfsbehoeftes nie.
Volgens NIP het die groei in volume en die uitbreiding in dienste wat deur elke laboratorium gebied word, die behoefte geskep om die skofstelsel te herskep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie