Nujoma-gedenkdienste: Halfmiljoen vir elke streek
Heldebegrafnis op 1 Maart
Die stigterspresident se oorskot sal vanaf 20 tot 26 Februarie na onder meer Etunda, Ondangwa, Rundu, Katima Mulilo, Grootfontein, Walvisbaai en Keetmanshoop vervoer word.
Die regering het N$7 miljoen bewillig om gedenkdienste ter ere van wyle stigterspresident dr. Sam Shafiishuna Nujoma binne die streke te ondersteun.
Elke streek ontvang N$500 000 om te verseker dat Namibiërs van alle uithoeke van die land kan deelneem om hul eer aan dié voormalige leier, wat op 8 Februarie 2025 in Windhoek oorlede is, te betoon.
Nujoma sal ’n heldebegrafnis ontvang wat op 1 Maart by die Heldeakker in Windhoek sal plaasvind. Daarbenewens is ’n nasionale routydperk vanaf 9 Februarie tot 1 Maart verklaar, waartydens vlae halfmas sal wapper.
Die toekenning van N$7 miljoen sal streekgedenkdienste ondersteun en verseker dat alle Namibiërs, ongeag waar hulle woon, aan die verrigtinge kan deelneem.
Die verantwoordelikheid vir verkryging binne hierdie begroting lê by die kantore van die streekgoewerneurs en alle fakture moet by die kantoor van die eerste minister ingedien word.
“Hierdie toekenning is ’n simbool van ons verbintenis om te verseker dat elke burger kan deelneem om ons stigtersvader te eer,” het George Simataa, die sekretaris van die kabinet, gesê.
Die uitgawes moet aan die Wet op Openbare Verkryging van 2015 voldoen.
Simataa het die behoefte beklemtoon dat hierdie fondse op ’n deursigtige en verantwoordbare wyse aangewend moet word.
“Streekgoewerneurs moet verseker dat die fondse doeltreffend en in ooreenstemming met die wet aangewend word om te verseker dat dr. Nujoma se nalatenskap met waardigheid geëer word.”
OORSKOT NA STREKE
Simataa het verder verduidelik dat hoewel die regering Nujoma se oorskot na al die streke van Namibië wil neem, logistieke uitdagings ’n meer gefokusde benadering genoodsaak het.
Sy oorskot sal na sleutelplekke oraloor die land geneem word. Op 20 Februarie sy Nujoma se oorskot na Etunda in die Omusatistreek geneem word, waarna dit elke dag na ’n ander dorp vervoer sal word. Die dorpe sluit in Ondangwa in die Oshanastreek (21 Februarie); Rundu in die Kavango-Oosstreek (22 Februarie); Katima Mulilo in die Zambezistreek (23 Februarie); Grootfontein in die Otjozondjupastreek (24 Februarie); Walvisbaai in die Erongostreek (25 Februarie) en Keetmanshoop in die ||Kharasstreek (26 Februarie).
FINALE GEDENKDIENS, BEGRAFNIS
Op 27 Februarie sal Nujoma se oorskot na Windhoek terugkeer vir ’n finale nasionale gedenkdiens by die Onafhanklikheidstadion, wat vir 28 Februarie geskeduleer is.
“Hierdie diens sal die nasie ’n geleentheid bied om na te dink oor sy geweldige bydraes en ons verbintenis te bevestig tot die waardes waarvoor hy gestaan het,” het president Nangolo Mbumba gesê.
Die begrafnis vind op 1 Maart by die Heldeakker plaas wat die afsluiting van die nasionale routydperk sal wees.
HULDEBLYKE
Ná Nujoma se afsterwe het huldeblyke begin instroom van honderde individue, maatskappye en nywerhede.
Die kuns en kultuurgemeenskap het ook hul medelye betuig. Die musikant Samuel Shines het ’n liedjie met die titel “Tangi Kuku” vrygestel en dit ’n huldeblyk aan ’n visioenêre leier genoem. Die kunstenaars Big Ben en Ally Tobias het ook musiekwerke bygedra wat Nujoma se blywende invloed op Namibië se kultuur en politiek weerspieël.
VERSKILLENDE PERSPEKTIEWE
Terwyl baie oor die verlies van Nujoma treur, het sommige individue ’n kritiese besinning oor sy nalatenskap gegee.
Phil Ya Nangoloh, die direkteur van NamRights, het erkenning gegee aan Nujoma se belangrike rol in Namibië se onafhanklikwording, maar het ook kommer oor menseregte tydens sy presidentskap uitgespreek.
“Terwyl Nujoma ’n sleutelfiguur in Namibië se vryheid was, het hy ook ’n outokratiese styl gehad wat tot verdeeldheid in die land gelei het,” het Ya Nangoloh onlangs gesê.
Namate Namibië sy routydperk voortsit, beklemtoon die verskillende huldeblyke en kommentaar die ingewikkeldheid van Nujoma se nalatenskap en sy diepgaande impak op die vorming van die nasie se geskiedenis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie