Nujoma het ‘Namibiërs verenig’ deur taal
Engels destyds as amptelike taal gekies
Andreas Vaatz meen dit was 'n baie goeie besluit om een ??amptelike taal in Namibië te hê.
Die oudprokureur Andreas Vaatz, wat soms die regering hof toe gesleep het om sy besluite oor transformasie te betwis, het die ontslape stigterpresident Sam Nujoma geprys vir sy besluit om Engels Namibië se amptelike taal te maak.
Hy het gesê hierdie keuse demonstreer Nujoma se wysheid en fokus op inklusiwiteit, om te verseker dat alle burgers in ag geneem word.
Vaatz het vandeesweek in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê hy het Nujoma in Zimbabwe ontmoet voor Namibië se onafhanklikwording.
“Ek het hom eers in Zimbabwe ontmoet toe ons daar vir ’n besoek was. Ons het saam aandete geëet, maar ek kan nie onthou waaroor ons gepraat het nie – dit was lank gelede,” het hy vertel.
Vaatz het Nujoma beskryf as ’n visioenêre leier om Engels te prioritiseer, met die argument dat dit Namibiërs toegelaat het om wêreldwyd te kommunikeer.
“Ek beskou hom as ’n wonderlike leier om daardie besluit te geneem het. Om een amptelike taal in Namibië te hê, anders as Suid-Afrika met vier of vyf tale wat chaos in howe en administrasie skep, was ’n baie goeie besluit.
“Ek het destyds gedink dit is nie so ’n goeie idee nie, want meer mense in Namibië praat Afrikaans as Engels.
“Hy het egter nie net Afrikaans oorweeg nie – hy het na die groter prentjie gekyk. Engels is ’n wêreldtaal en nou kan Namibiërs wat hier skoolgaan, enige plek in die wêreld kommunikeer.”
Hy meen dat Nujoma se besluit die land bevoordeel het.
“In die Verenigde State, Europa of enige plek laat Engels Namibiërs toe om met ander mense oor die weg te kom. Dit was werklik ’n wyse besluit en na my mening een van die grootstes wat hy ooit gemaak het.”
VREDE
Vaatz het Nujoma ook geprys dat hy ’n vreedsame Namibië regeer het, veral tydens verkiesings. Dit is in teenstelling met die politieke geweld wat dikwels in ander Afrikalande gesien word.
“Ons het nog nie ’n enkele persoon gehad wat weens politieke redes ná onafhanklikheidwording gesterf het nie, sover ek weet.
“Vergelyk dit met Suid-Afrika, waar ten minste 40 tot 50 mense tydens verkiesings hul lewens verloor. Dit het nie in Namibië gebeur nie,” het hy gesê.
Boonop het hy Nujoma se leierskap geloof ten opsigte van hoe hy nasionale eenheid verseker het.
“Hy het die mense gelei om ’n vreedsame gemeenskap te wees. Ten spyte van ons verskille, leef ons almal in harmonie,” het Vaatz gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie