Nuwe reëls kom vir openbare byeenkomste

Augetto Graig
Die wetsontwerp vir openbare byeenkomste en optogte is vandeesweek in die parlement ter tafel gelê. Volgens die wetsontwerp sal die wetsontwerp ‘n organiseerder van ‘n openbare byeenkoms verantwoordelik hou vir enige nagevolge wat uit die saamtrek spruit. Die organiseerder kan ‘n boete van tot N$5 000 of ‘n jaar tronkstraf opgelê word.

Beperkings word geplaas op protesoptogte binne 500 meter van howe, die Nasionale Raad, die Nasionale Vergadering, Staatshuis, lughawens, ambassades, geboue wat deur buitelandse sendings gebruik word, militêre geboue, tronke en geboue wat deur nasionale intelligensie gebruik word. Kennisgewing van die beplande byeenkoms of optog moet ten minste vyf dae voor die tyd gegee word, terwyl toestemming by die polisiehoof of naaste stasiebevelvoerder van die polisie verkry moet word.

Die Popular Democratic Movement (PDM) se woordvoerder Hidipo Hamata het in reaksie ernstige kommer uitgespreek oor die impak van die wetsontwerp op grondwetlike regte en die ekonomie.

“Die wetsontwerp plaas aansienlike finansiële aanspreeklikheid op organiseerders se skouers vir enige skade as gevolg van onluste. Dit kan ‘n reuse impak op openbare geleenthede hê,” het hy gesê. Volgens hom wek dit ook vrae oor die versoenbaarheid van die wetsontwerp met die Namibiese grondwet.

“Die grondwet verseker basiese vryhede, insluitend die reg om te vergader en jouself vrylik uit te druk. Die wetsontwerp se breë polisiemagte, insluitend die gebruik van dodelike geweld as 'n laaste uitweg, wek kommer oor moontlike skendings van hierdie basiese regte. Sulke uitgebreide magte kan tot potensiële misbruik lei en die grondwetlike reg op vreedsame vergadering ondermyn,” sê Hamata.

Die politieke ontleder en woordvoerder van die saambreel- en nieregeringsorganisasie Civic 264, Bradley Tjongarero sê die nuwe reëls sal ‘n impak op Namibië se demokrasie hê.

“In enige demokrasie is die reg om saam te trek en te betoog deurslaggewend. Die regulering van hierdie vryheid moet versigtig gedoen word om die beperking van demokratiese ruimte te vermy,” het Tjongarero gesê.

Hy het Namibiers aangemoedig om die wetsontwerp te bestudeer en noukeurig gesprekke daaroor te volg. Die wetsontwerp kom enkele maande voor die presidensiële en nasionale verkiesing in November. ‘n Toename in politieke samekomste en vergaderings word in aanloop tot die verkiesing verwag. Namibië het nie onlangs enige ernstige gevalle van protesgeweld ondervind nie en spog met ‘n lang rekord van ordelike en vreedsame protes landswyd. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!