Nuwe uitvoerende direkteur vir hoër onderrig
Haipinge nou by eerste minister se kantoor
Haipinge se verskuiwing plaas haar in 'n eenheid vir bestuurs- en raadgewende dienste.
Net drie maande ná haar aanstelling as uitvoerende direkteur van die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, is Tuyakula Haipinge in dié pos vervang en oorgeplaas na die kantoor van die eerste minister.
Die skuiwe is deur die kabinetsekretaris George Simataa bevestig wat aangekondig dat Gerard Vries die nuwe uitvoerende direkteur is.
Haipinge se verskuiwing wat onmiddellik van krag is, plaas haar in ‘n eenheid wat ondersteuning bied in die formulering van beleid, navorsing, die skryf van toesprake, sowel as bestuurs- en raadgewende dienste.
Simataa het verduidelik dat Haipinge as uitvoerende direkteur in die eerste minister se kantoor sal dien. Dit is onduidelik waarom sy ná so kort tydperk by die ministerie oorgeplaas is. Haipinge het die ministeriële pos sedert Oktober 2024 ná die aftrede van dr. Alfred van Kent beklee. Voor dit was sy die adjunk uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister. In teenstelling was Vries voorheen die adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig, kuns en kultuur in die ministerie.
Beweringe van korrupsie
Die ministerie was vroeër geteister deur beweringe van korrupsie wat voor die deur van die kantoor van die uitvoerende direkteur gelê is.
In 2023 het berigte opgeduik dat geld gebruik word van openbare ondernemings wat onder die vaandel van die ministerie val om buitelandse reise vir die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, te betaal.
Hoewel die Teenkorrupsiekommissie (ACC) later Kandjii Murangi onskuldig verklaar het, het dit steeds van haar vereis om van die geld terug te betaal wat sy ontvang het. Ook het die voormalige uitvoerende direkteur Van Kent ‘n formele waarskuwing teen soortgelyke praktyke gekry.
Dit het gevolg nadat hy die een was wat briewe aan openbare ondernemings in die ministerie geskry het, naamlik die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) asook die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en gevra het dat hulle geld beskikbaar stel om die minister se reise te finansier. Die drie instellings het saam N$930 000 bygedra.
Die ACC het toe gesê die “uitvoerende direkteur word ernstig gewaarsku teen die potensieel korrupte gebruik om die ministerie tot finansiële skuld te verbind deur reisbetalings van openbare ondernemings te versoek. Dit in veral wanneer die konferensies en vergaderings wat bygewoon word, geen voordeel of betrekking het op die openbare ondernemings nie.
“Die praktyk is nie net eties verkeerd nie, maar skep ook ‘n vrugbare grond vir korrupsie.”
Kandjii-Murangi is een van die huidige nege ministers wat nie die lys van 51 Swapo-lede gehaal wat tot die parlement in die algemene verkiesing van November gehaal het nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie