Onafhanklikheidstadion: 'Ons kan nie vir die nasie lieg nie'
'Tuis'wedstryde in buiteland aangebied
Die stadion wat voor onafhanklikwording gebou is, is nog net twee keer opgeknap.
Visepresident en Swapo se presidentskandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ministerie van sport, jeug en nasionale diens in die openbaar gekritiseer omdat hulle nie die langverwagte opknappingswerk by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek begin het nie.
Nandi-Ndaitwah het verlede week tydens die amptelike oorhandiging van die Onawa-polisiestasie en Build Together-huise in Oshakati haar frustrasie uitgespreek oor die ministerie se gebrek aan optrede. Dit is veral nadat minister Agnes Tjongarero verseker het dat die opknapping op 28 Augustus sal begin met die aanstelling van ’n kontrakteur, iets wat nie gebeur het nie.
"Op 28 Augustus het ek gevra of ek die kontrakteur kon besoek en ontmoet, maar ek het geen reaksie gekry nie. Hulle het 'n kontrakteur gekry om die Onafhanklikheidstadion op te knap. Ten spyte hiervan is ek deurgaans op hoogte gehou en gesê dat vordering gemaak word. Ek sal nie verskonings aanvaar as dinge nie verloop soos beplan of soos ek ingelig is nie, en ek sal hulle aanspreeklik hou indien nodig,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het die voortdurende uitdagings beklemtoon wat Namibiese atlete in die gesig staar, wat gedwing word om buite die land deel te neem weens die gebrek aan 'n behoorlike tuisstadion.
"Ons kan nie vir die nasie lieg nie. As leiers moet ons nie in 'n posisie geplaas word waar ons die mense wat ons vertrou, mislei nie. Ons moet vertroue onder ons burgers bou en behou," het sy gesê.
Die ministerie se uitvoerende direkteur, Erastus Haitengela, het in reaksie hierop aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê die ministerie het kennis geneem van Nandi-Ndaitwah se opmerkings geneem.
"Ons het ook kennis geneem van die publiek se frustrasies oor die huidige situasie waarin die Onafhanklikheidstadion hom bevind. Die ministerie werk onverpoos om die aanstelling van 'n hoofkonsultant te finaliseer, ondanks die uitdagings van die verkrygingsproses wat ons in die gesig gestaar het en wat hierdie ongelukkige vertragings tot gevolg gehad het.
Die nuwe gewysigde verkrygingswet is baie voorskriftelik wanneer dit kom by die implementering van sy bepalings. Al die nodige stappe moet gevolg word en enige misstappe kan tot die kansellasie van die hele proses lei. Daarom was dit baie belangrik om te verseker dat ons al die relevante rolspelers raadpleeg om die ministerie te help om die tenderdokument reg voor te berei,” het hy gesê.
Volgens hom sal die publiek toepaslik ingelig word sodra die voortgesette proses afgehandel is. Hy het namens die ministerie ook verskoning aangeteken vir die ongerief wat deur die vertraging veroorsaak is.
Die land se onvoldoende sportgeriewe maak dat Namibië nie internasionale wedstryde kan aanbied nie. Dit het die regering genoop om sedert 2020 miljoene te spandeer om nasionale spanne se tuiswedstryde in die buiteland aan te bied.
In reaksie hierop is N$50 miljoen tydens die 2022-23 finansiële jaar toegeken om die Onafhanklikheidstadion tot internasionale standaarde op te te knap.
Iipumbu Shiimi, minister van finansies en openbare ondernemings, het 'n bykomende N$37,5 miljoen vir die huidige hierdie boekjaar tydens verlede jaar se middeltermynbegrotingsoorsig aangekondig. Die regering het ook N$60 miljoen en N$65 miljoen vir die projek in onderskeidelik die 2024/25 en 2025/26 mediumtermyn bestedingsraamwerke toegeken.
Die stadion wat voor onafhanklikwording gebou is, is nog net twee keer opgeknap. Die verouderde en vervalle toestand het wydverspreide kritiek van beide sportliefhebbers en spelers ontlok.
Intussen het die leier van die Affirmative Repositioning (AR)-beweging, Job Amupanda, op sosiale media die visepresident daarvan beskuldig dat sy gemanipuleer word.
"As hulle die visepresident voor die verkiesing kan laat jok, wat dink jy sal gebeur as hulle kry wat hulle wil hê deur haar te gebruik? Terloops, 28 Augustus is verby. Ons moet die mishandeling van bejaardes in hierdie land ernstig opneem. Ons moet die korrupte party uitstem om ons oudstes te beskerm,” het Amupanda gesê.
In Junie het Tjongarero haar teleurstelling uitgespreek oor die uitgerekte vertragings in die stadion se opknapping en het probleme met die verkrygingsproses as 'n groot hindernis uitgesonder.
“Die ministerie is teleurgesteld dat dit so lank neem om met die opknappingsproses te begin,” het sy aan ‘n plaaslike nuusblad gesê.
Die projek, wat oorspronklik in September verlede jaar sou begin, het vir meer as tien maande stil gestaan. Bespiegelings onder besorgde partye beweer die vertragings kan doelbewus wees, omdat sommige amptenare van die ministerie glo die finansiële byvoordele geniet wat verband hou met reise na die buiteland om internasionale wedstryde aan te bied. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie