Ondersoek na August 26 se N$8 m.-faktuur nader einde
Die raadsvoorsitter van August 26 Holdings, brigadier-generaal Fillimon Shafashike, het onthul die interne span wat die kwessie hanteer rakende die geskorste uitvoerende hoof, Ndajoina Shalumbu, is in ’n gevorderde stadium om die nodige prosesse te finaliseer ná afloop van die ondersoek.
Shalumbu is geskors ná bewerings van ’n faktuur van ’n enkele voertuigonderdeel teen ’n hoë bedrag van N$8 miljoen die ronde begin doen het.
Die raad het einde verlede jaar tydens ’n buitengewone vergadering ’n ondersoek van stapel gestuur nadat Job Amupanda, die leier van die Affirmative Repositioning, ’n uitgelekte faktuur op sosiale media gedeel het. Amupanda het senior amptenare by August 26 Holdings daarvan beskuldig dat hulle die faktuur vir persoonlike gewin opgeblaas het.
Shafashike het Donderdag met Network Media Hub (NMH) gepraat en gesê die maatskappy erken die belangrikheid van deursigtigheid en omsigtigheid.
“Ons is daartoe verbind om te verseker dat alle optredes ten volle voldoen aan gevestigde prosedures en beginsels van regverdigheid en goeie korporatiewe bestuur.”
NMH verneem die maatskappy het ook die prokureur Sisa Namandje as ’n onafhanklike regskenner aangestel om met die ondersoek te help, ’n bewering wat deur Shafashike bevestig is.
“In hierdie stadium versoek ons egter met respek tyd en ruimte om die oorblywende stappe in die proses af te handel, waarna toepaslike kommunikasie sal plaasvind.
“Ons waardeer u begrip en geduld terwyl ons voortgaan om hierdie saak met die erns en integriteit te hanteer wat dit verdien,” het hy gesê.
Die ondersoek het gefokus op Shalumbu, wat na bewering personeel by Windhoeker Maschinenfabrik (WMF), ’n filiaal van August 26 Holdings, opdrag gegee het om ’n kwotasie te versin wat bykomende onderdele bevat om die faktuur te regverdig.
WMF se besturende direkteur, Petrus Anton, het aan die maatskappy se finansiële bestuurder, Anna Max, geskryf en Shalumbu daarvan beskuldig dat hy persoonlik opdrag aan WMF-personeel gegee het om die betwiste kwotasie te maak.
“Op Woensdag 20 November 2024 het jy na ons kantoor gekom nadat jy die aangehegte e-pos gestuur het om my mense opdrag te gee om ’n kwotasie te maak wat ons nie gehad het nie. Dit is na my mening oneties,” het Anton geskryf.
MINISTRIE SE AANVANKLIKE REAKSIE
In reaksie op die aanvanklike omstredenheid het Wilhelmina Shivute, (nou die voormalige) uitvoerende direkteur van verdediging en veteranesake, beweer die faktuur dek duisende onderdele vir militêre Weerwolf-voertuie, nie net ’n enkele komponent nie, soos aanvanklik beweer is.
Sy het gesê die onderdele is as een item gelys omdat dit vir ’n enkele tipe voertuig bedoel was.
Amupanda het egter die ministerie se verduideliking van die hand gewys en interne kommunikasie vrygestel wat Shalumbu verder geïmpliseer het. Sy skorsing het kort daarna gevolg.
PARLEMENT
Amupanda, wat Donderdag in die parlement gepraat het, het kennis gegee dat hy vrae aan die minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, gerig het.
“Waarom word daar geen groot stappe teen die werklike skuldiges wat by korrupsie betrokke is gedoen nie, selfs wanneer konkrete bewyse opgegrawe word,” het hy gevra.
“Is dit nie een van die bydraende faktore tot die persepsie dat niks gebeur nie, want in die meeste van hierdie korrupte transaksies is die ‘top-munenes’ [leierskap] van die verdedigingstelsel altyd betrokke?”
Amupanda het bygevoeg dat die 26-jarige “beleërde” maatskappy August 26, ’n openbare onderneming, wat deur die Namibiese mense deur die verdedigingsministerie besit word, ’n reputasie as die hoofkantoor van korrupsie oor die jare verwerf het.
“Ek het oor die jare persoonlik verskeie korrupsie[sake] hanteer wat die ministerie van verdediging, August 26 Holdings en sy filiale betrek het.
“Ten spyte van herhaalde blootstelling aan korrupsie, lyk dit of niks wesenliks gebeur as om ’n paar administratiewe individue op te offer nie.
“By nadere ondersoek blyk dit dat die onthulde korrupsie talle korrupte-operateurs in die August 26-web inspireer om meer te steel. Dit is ’n teater wat mens aan vampierflieks laat dink,” het Amupanda gesê.
Die Speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het die Nasionale Vergadering (NV) egter meegedeel dat die minister eers vrae wat deur Amupanda gestel is, sal kan beantwoord ná afloop van die begrotingsdebatte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie