Justina Jonas, sekretaris-generaal van die metaal- en verwante werkersunie van Namibië (Manwu) en Bärbel Kirchner (links), uitvoerende hoof van die federasie vir konstruksiebedrywe van Namibië (CIF). FOTO VERSKAF
Justina Jonas, sekretaris-generaal van die metaal- en verwante werkersunie van Namibië (Manwu) en Bärbel Kirchner (links), uitvoerende hoof van die federasie vir konstruksiebedrywe van Namibië (CIF). FOTO VERSKAF

#Ondersteun ons bouers

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Verbod op “tenderpreneurskap” en ’n konstruksieraad wat in die beste belang van die staat- sowel as die private sektor optree.

Dit is een van die eise aan die regering deur die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu) en die Federasie vir die konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) wat met ’n vreedsame aanlyn protesaksie begin het om bewusmaking te skep vir die benarde situasie waarin die bedryf hom die afgelope paar jaar bevind, asook die gebrek aan ondersteuning van regeringskant aan die bedryf.

Die twee groepe wat beide werkgewers en werknemers in die bedryf verteenwoordig, vra ook vir die onmiddellike kansellering van die padprojek tussen Usakos en Karibib, die hersiening van die tegniese spesifikasies van die tender, en dat dit in kleiner gedeeltes opgedeel en weer geadverteer word.

“Ons praat en praat en niks verander nie. Ons is moeg. Waarom moet buitelandse maatskappye die werk kry wat ons plaaslike kontrakteurs kan doen? Daar is geen plek vir buitelandse kontrakteurs, buiten en behalwe wanneer daar regtig nie plaaslike kapasiteit is nie,” sê Justina Jonas, Manwu se sekretaris-generaal.

Volgens Jonas “infiltreer” die buitelandse kontrakteurs die Namibiese konstruksiebedryf op elke vlak “totdat daar nie ’n enkele plaaslike kontrakteur oor is nie”.

“As ons werksgeleenthede in ons land skep, moet ons ons eie besighede ondersteun. Die regering moet die leiding neem om plaaslike besighede te ondersteun, anders wil dit voorkom hulle neem dit glad nie ernstig op nie.”

Volgens die CIF se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, is dit uiteindelik vir die oorlewing van “ons eie bedryf”.

“Dit is vir die instandhouding van ’n belangrik sektor van Namibië se ekonomie, die ondersteuning van plaaslike konstruksie- en boubesighede, sowel as hul werknemers en hul families.”

Die sektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) word tans beraam op minder as 2%.

Volgens Kirchner is daar nog net ’n beperkte aantal konstruksiemaatskappye wat probeer voortgaan met persoonlike spaargeld en oortrokke lenings. Byna 50% van werkers is ook noodgedwonge laat gaan, iets wat volgens haar voorkom kon word, sou die toegekende projekte eksklusief aan Namibiese kontrakteurs toegeken word.

Die aanlyn protes op CIF se Facebookblad (CIFNam) vra lede van die publiek om hul eie protesplakkaat en –boodskap met die hutsmerk #support our contractors op die blad te deel.

Deelnemers word aangemoedig om die Manwu-blad, sowel as die Facebookbladsye van sleutelowerhede en -rolspelers en politici in te sluit.

Inskrywings sal beoordeel word deur ’n paneel, met weninskrywings wat die status van “grootste ondersteuner van die Namibiese boubedryf” sal ontvang. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!