Honderde inwoners het vroeër vanjaar hul voertuie aan die ECN vir sy veldtog vir die registrasie van kiesers verhuur. Foto argief
Honderde inwoners het vroeër vanjaar hul voertuie aan die ECN vir sy veldtog vir die registrasie van kiesers verhuur. Foto argief

Ons hét betaal, sê ECN

Tarief van N$2 020 per dag
Betaling is wel vir die tydperk ontvang, maar dit is veel minder as die tariewe waarop ooreengekom is,
Augetto Graig
Inwoners wat vroeër vanjaar hul voertuie vir die registrasieveldtog van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) beskikbaar gestel het, kla hulle het maande later steeds nie al hul beloofde geld ontvang nie. Volgens een beswaarde inwoner het die ECN nie sy verbintenis nagekom tot die tariewe waarop ooreengekom is nie. Sy oorspronklike kontrak wat hy met die kommissie aangegaan het, moes hy na bewering ingee tydens ‘n opvolg by die ECN oor die uitstaande geld wat nog aan hom verskuldig is. Die kontrak is na bewering nie weer aan hom terugbesorg nie. Volgens hom is ooreengekom op ‘n tarief van N$2 050 per voertuig per dag, maar is die volledige bedrag vir die totale huurtydperk nog nie aan hom betaal nie.

“Betaling is wel vir die tydperk ontvang, maar dit is veel minder as die tariewe waarop ooreengekom is,” het hy gesê.

Volgens hom is die kwessie op 16 September tydens ‘n vergadering met die ECN geopper, maar nooit aangespreek nie. Hy het dit duidelik gemaak dat hy sy oorspronklike kontrak terug soek wat hy by die ECN moes indien om die geldtwis hof toe te kan neem.

Die ECN se woordvoerder De Wet Siluka het intussen beweringe verwerp dat inwoners nie volledig betaal is nie.

“Ons het klagtes van sekere ongelukkige individue ontvang wat hul voertuie aan ons verhuur het vir gebruik tydens die algemene registrasie van kiesers,” het Siluka erken.

“Hulle kla dat hulle nie betaal is volgens die kontrak wat hulle onderteken het nie. Die kommissie het dié eise onder die loep geneem om die mariete van elke eis vas te stel, voordat enige oorweging daaraan geskenk word. Die meriete is ingevolge die verskil in die bedrag wat uitbetaal is,” het hy verduidelik.

“Ons wil dit duidelik maak dat alle individue wat voertuie aan ons beskikbaar gestel het vir registrasie van kiesers, ís betaal. Die bedrag wat nou ter sprake is, is die verskil wat hulle eis wat die kommissie hulle skuld,” her hy op navraag gesê.

Die ECN het byna ‘n duisend voertuie vir die registrasieveldtog van kiesers gehuur, met sowat 140 wat uit die Khomasstreek gekom het.

#NamibiaDecides2024

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!