‘Opportunists’ wil veteraanstatus hê

Tuyeimo Haidula
Die regering het 'n tendens opgetel waar 'opportuniste' die stelsel bedrieg om oorlogsveteraanstatus te kry en wat diegene wat dit werklik verdien, op die kantlyn laat.

Dit volgens die goewerneur van die Omusatistreek, Erginus Endjala, wat ook kommer uitgespreek het dat behoeftige mense wat tot die vryheidstryd bygedra het, steeds op die rand van die samelewing bly.

Sy kommentaar kom in 'n tyd waarin die ministerie van verdediging en veteranesake se appèlraad besig is met sittings in Omusati waar sowat 600 Namibiërs hul saak vir die tweede keer stel. Dit is aansoekers wie se aanvanklike aansoek vir veteraanstatus volgens Endjala afgekeur is.

"Hulle kry 'n tweede kans om bykomende bewyse voor te lê. Die proses is soos eksamens. Daar is standaard vrae en dan is daar daardie ingewikkelde vrae," het hy gesê.

Volgens hom het sommige mense stories oor die vryheidstryd gehoor en lê dit voor as hul eie en asof hulle dit self beleef het. Later, wanneer die vrae te "diep" raak soos wie hul instrukteur of bevelvoerder was, is wanneer die waarheid gewoonlik uitkom.

"Die komitee kyk ook met tye na die aansoeker se ouderdom. Sommige mense is in 1986 gebore, maar beweer hulle het die Swapo-soldate gehelp. Daar is nie 'n manier nie. Ons sê nie jy het nie gesien hoe hulle in jou huis of nedersetting kom skuil het nie, maar om hulp op daardie ouderdom te verleen, is byna onmoontlik," het Endjala gesê. Die goewerneur sê die komitee roep ook getuies wat die aansoekers se stories kan bevestig en wat waarde tot die aansoek voeg.

"Dit is waarom hulle deur die onderhoud moet gaan. Jy moet die paneel tevrede stel," het hy verduidelik.

Elkeen wat vir veteraanstatus wil aansoek doen, moet sy of haar oorspronklike identiteitsdokument en 'n eedsverklaring van 'n getuie saambring wat bevestig aan watter aktiwiteite die aansoeker tydens die vryheidstryd deelgeneem het. Die getuie mag nie 'n familielid wees nie.

Die sessies wat op 20 Mei afgeskop het, vind tot 7 Junie by die ministerie se kantore op Outapi plaas. Met 'n totaal van 122 het die Outapi-kiesafdeling die hoogste getal aansoekers wat die afkeuring van hul beweerde veteraanstatus appèlleer. Die Okahao-kiesafdeling het net vyf, terwyl Anamulenge 120, Elim 22, Okalongo 74, Onesi 38, Oshikuku 20, Etayi 23 en Otamanzi 16 het wat appèl teen die afkeur van hul aansoeke aanteken. In die Ruacana-kiesafdeling is 114 mense, Tsandi 20 en in Ogongo 29 mense. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!