54721
54721

Parlement oorhaastig met wetsontwerpe

Parlementariërs teken protes aan
Wetsontwerpe en -wysigings word na bewering spoedig in die parlement aanvaar om te verhoed dat Namibië op die gryslys geplaas word.
Jemima Beukes,Kristien Kruger
Jemima Beukes – “Dit is twak. Dit is onmoontlik vir ons om deur al hierdie wetsontwerpe te gaan.”

’n Senior parlementslid van Swapo het sy sterk ontevredenheid met die oorweldigende aantal wetsontwerpe uitgespreek.

Die Nasionale Vergadering (NV) het onlangs onder skoot gekom ná wetgewers hul frustrasie uitgespreek het oor die oorhaastige trant waarteen wette en wetswysigings in die parlement deurgedruk word.

Parlementslede (LP’s) voer aan hulle word nie genoeg tyd gegun om hierdie dokumente deeglik te hersien nie en dit wek kommer oor die deursigtigheid en toewyding van die wetgewende proses.

Op grond van inligting wat ontvang is, is aan parlementslede gesê Namibië sal op die gryslys geplaas word indien dié wette nie suksesvol deurgedruk word nie.

Die goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), Johannes/Gawaxab, het egter gesê Namibië is nog ver daarvan om op die swartlys geplaas te word.

“As ’n land moet ons tekortkominge in ons wetgewing teen geldwassery en die finansiering van terrorisme regstel en om as bewys te dien van die doeltreffendheid van ons wetgewing.

“Dit is presies wat ons parlementslede doen. Ons maak goeie vordering met betrekking tot tegniese voldoening. Ons moet in Julie ’n verslag indien oor die vordering wat ons gemaak het met die leemtes wat geïdentifiseer is. Dié verslag sal in September vanjaar bespreek word.

“Ons sal eers in Februarie 2024 weet of ons die toets geslaag het. Ons LP’s doen uitstekende werk om die land te help om die gryslys vry te spring.

“Ons het nog geen sperdatum gemis nie en ons aandag moet nie afgelei word nie. Ons moet voortgaan met die werk wat ons begin het,” het hy gesê.

Indien ’n land op die gryslys geplaas word, beteken dit die internasionale taakmag vir finansiële aksie (FATF) verskerp die monitering van ’n land weens sekere tekortkominge in sy raamwerk teen geldwassery (AML) en die bekamping van die finansiering van terrorisme (CFT) en verspreidingsfinansiering (GPF).

HAASTIG

Een van die griewe wat sommige LP’s geopper het, is die “onnodige wysigings” aan wette – soos eenlyn- of enkelwoordveranderings – wat volgens hulle nie geregverdig word nie.

Elma Dienda van die Popular Democratic Movement (LPM) het Dinsdag geweier om insette te lewer oor die wet op die administrasie van trusts wat Yvonne Dausab, die minister van justisie, Maandag ter tafel gelê het. Sy het gesê sy is nie ’n prokureur nie en het tyd nodig om die wetsontwerp te bestudeer.

Dienda het ook gesê hulle is mislei en gesê aanvanklik sou net 13 wetsontwerpe oorweeg word, maar met hul terugkeer na die parlement is hulle egter met 16 gekonfronteer.

“Hierdie ding gaan ontplof. Hulle het met al die politieke partye vergader en die impak van die gryslys verduidelik.

“In ’n stadium het /Gawaxab, die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, en Dausab met ons vergader en versoek dat ons die reses kanselleer sodat ons hierdie wette kan afhandel. Ons het egter geweier,” het sy gesê.

Hoewel die adjunkminister van finansies en staatsondernemings, Maureen Hinda – wat leiding van ’n aantal wetsontwerpe geneem het – saamgestem het dat tyd inderdaad ’n bron van kommer is, het sy gesê sy glo hulle is amper klaar, met net sowat drie wetsontwerpe wat oorbly.

“Ek het geregtigheid laat geskied in terme van my bydrae en hoewel ek gevoel het ons het ’n bietjie meer tyd nodig, het sommige van hierdie uitstaande kwessies en wetsontwerpe noodsaaklikhede geword, soos die wetsontwerp oor aanlyn finansiële bates,” het sy gesê.

Hinda het bygevoeg hoewel die risiko om op die gryslys te beland moontlik die dringendheid veroorsaak het, bly dit ’n werklikheid dat Namibië deel van die wêreld is.

“As ons in isolasie geleef het, hoef ons dit nie te doen nie, maar ons moet ons wette in lyn bring om ons eie belange en ons mense te beskerm,” het Hinda gesê.

DANKBAAR

Shiimi het gesê hulle is dankbaar teenoor alle parlementslede wat saamgewerk het om hierdie “belangrike” wetsontwerpe vinnig deur te druk.

Hy sê dit is ’n goeie teken dat Namibië verbind is tot die bekamping van geldwassery, korrupsie en verwante misdade.

“Ons is ook dankbaar vir die tegniese spanne by verskeie ministeries en agentskappe wat dag en nag gewerk het om die wetsontwerpe op te stel en te finaliseer.

“Namibië het beperkte tyd gehad om hierdie wetsontwerpe op te stel, maar die span het baie hard gewerk om die wetsontwerp gereed te kry vir parlementêre goedkeuring. Wat belangrik is, is om die oorblywende twee wette in die komende dae deur te druk.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!