Parlement open môre
Nasionale Raad hervat reeds vandag
Die Nasionale Vergadering (NV) skop môre (14 Februarie) sy jaar af met ’n skouspelagtige opening, insluitend ’n militêre parade en kulturele optredes deur skoliere.
Dié opening volg nadat die Nasionale Raad (NR) vandag sy bedrywighede hervat.
Tydens die NV se openingsgeleentheid môre sal Lovestraat en Robert Mugabe-rylaan in Windhoek – tussen 13:00 en 17:00 – ontoeganklik vir verkeer wees.
Pres. Hage Geingob sal in sy openingsrede oor vanjaar se tema “Oplewing van Namibië se parlementêre demokrasie ná Covid-19” uitbrei.
Die opening van die parlement sal ook regstreeks op die parlement se Facebook-blad uitgesaai word.
Die NR oorweeg vandag die staande komitee oor onderwys, wetenskap, inligtingstegnologie en jeugontwikkeling se terugvoer, en ook van die staande komitee oor gesondheid, maatskaplike welsyn en arbeidskwessies.
Verder sal streekraadslid Andreas Amundjindi tot die NR ingesweer word. Hy vervang Andreas Utoni wat tans as die Ongwediva-kiesafdeling se verteenwoordiger, die leisels as voorsitter van die Oshana-streekraad sal oorneem.
Die NV beplan ook om in 2023 verskeie wetsontwerpe af te handel. Eerste op die lys is die wetsontwerp om die hoërhof se wet te wysig in terme van die verkoop van ’n huis om skuld te delg en die landdroswet.
Verder wil die NV vanjaar ook onder meer die egskeidingswet, die kinderwet, die wet op die ombudsman, die wet op grond, en die wet op navorsing, wetenskap, tegnologie en innovasie, afhandel.
Verlede jaar het die NV onder meer die wysiging van die wet op staatsfinansies goedgekeur, saam met die wysiging van die wet op die bekamping van verkragting, en die wysigingswetsontwerp op openbare verkryging.
’n Wysiging aan die wet op die administrasie van boedels, en die verwerping van verouderde wette, is ook onder andere in 2022 aangeneem.
Verlede jaar het die NV 87 dae vergader, met net drie dae sonder ’n kworum, volgens statistiek wat die parlementêre woordvoerder, Rafael Hangula, verskaf het.
Volgens statistiek is 14 wetsontwerpe verlede jaar ter tafel gelê, nege is sonder enige wysigings goedgekeur, en vyf met wysigings.
Verder is 36 mosies ter tafel gelê waarvan ses op ooreengestem en aangeneem is. Net een mosies is afgekeur, 15 het verval en vier is teruggetrek. Tien mosies is na staande komitees verwys.
Die NV het ook 25 jaarverslae en verslae vanaf ministeries ontvang, en een is na ’n komitee verwys.
Die kantoor van die ouditeur-generaal het 125 verslae ter tafel gelê. Kennisgewing is vir 158 vrae in die NV gegee. Dit het onder meer 70 dringende vrae ingesluit, met 85 wat beantwoord is en 29 wat verval het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie