Parlement: Wie was aanwesig?
Selfs so laat as Woensdag 30 Oktober het die ministerie van finansies en staatsondernemings voortgegaan om sy kennisgewing op sy Facebookblad te plaas, en die publiek ingelig dat “Maandag die hoogs verwagte dag is, aangesien ons gretig wag op die tertafellegging van die begrotingsoorsig deur minister Iipumbu Shiimi”.
Maandag was die 28ste Oktober, maar die tertafellegging van die middeltermynbegroting moes uitgestel word aangesien daar geen kworum was nie – die vereiste minimum van 49 parlementslede het nie vir werk opgedaag nie. Die reaksie op sosiale media het gewissel van Namibië wat ’n skande was onder sy mede-Statebondlande, tot mense wat die feit betreur dat die regering se dringende droogtehulp waarna almal gesmag het, nie van stapel gestuur kon word voordat die begroting nie ter tafel gelê is nie. Om sake te vererger, moes die tertafellegging Dinsdag weer uitgestel word, weer eens weens die gebrek aan ’n kworum – slegs 30 dae voordat dieselfde parlementslede hoop om op 27 November herkies te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie