Parlementslede mag dalk 'bewys van lewe' moet toon
Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, het wysigings aan die pensioenfondsreëls vir parlementariërs en ander ampsdraers voorgestel, wat sal vereiste dat pensioenarisse ’n lewensertifikaat (’n bewys dat jy nog lewe) moet verskaf om te verseker betalings word aan die regmatige ontvangers gemaak.
Shiimi het tydens ’n onlangse spesiale sitting in die Nasionale Vergadering (NV) aanbeveel dat ’n nuwe bepaling – Reël 17A – bygevoeg moet word wat pensioenarisse sal verplig om ’n jaarlikse lewensertifikaat in te dien om te verifieer dat hulle nog lewe en om bedrieglike eise te voorkom.
“Ek staan op om ’n versoek in te dien vir goedkeuring om die reëls van ons pensioenfonds – die lede van die parlement en ander ampsdraers se pensioenfonds – te wysig.
“Ingevolge Reël 55 van die fonds, saamgelees met Artikel 5 van die Pensioenfondswet op Parlementslede en Ander Ampsdraers no. 20 van 1999, moet enige wysiging in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê en goedgekeur word,” het hy gesê.
Shiimi het ook wysigings aan die reserwerekening voorgestel deur Reëls 14.5, 14.6 en 14.7 onder Reël 14 in te stel, wat voorsiening maak vir reserwerekeninge vir data, verwerkingsfoute en risiko’s, soos deur die fonds se aktuaris aanbeveel is.
Nog ’n belangrike wysiging poog om Reël 8.1 te vervang, wat tans die raad van trustees die diskresie gee oor die aantal vergaderings wat jaarliks belê word. Die hersiene reël sal ’n minimum van vier trusteevergaderings per kalenderjaar aanbeveel, wat in ooreenstemming is met goeie bestuursbeginsels.
Verdere wysigings fokus op bepalings wat verband hou met die “aftreedatum” om dit in lyn te bring met ’n vroeër goedgekeurde wysiging aan die reël oor die minimum pensioenwaarborge. Die wysigings sluit die opdaterings aan Reël 1 (die definisies van aftreedatum en aftreedatum vir swak gesondheid), sowel as Reëls 33 en 34 in.
“Die Nasionale Vergadering word dus versoek om Reëlwysiging nommer 5 goed te keur soos per Reël 55 van die pensioenfondsreëls en Artikel 5 van die Pensioenfondswet op Parlementslede en Ander Ampsdraers no. 20 van 1999,” het Shiimi bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie