No Image Caption

PAS IN: Geingob ‘hartseer’ oor poussterfte

Pres. Hage Geingob het sy meegevoel met die afsterwe van Pous Benedictus XVI uitgespreek.

Emeritus Pous Benedictus XVI (95) is gister in die Mater Ecclesiae-klooster in die Vatikaan oorlede.

Geingob het in ‘n verklaring gesê hy was hartseer toe hy die nuus verneem. Hy het die voorreg gehad om Pous Benedictus te ontmoet.

“Tydens ons gesprek oor die belangrikheid van geloof in die bou van verdraagsame gemeenskappe, onthou ek hy was reguit, saggeaard en empaties. Die Christelike geloof en veral Katolieke het ‘n man van geloof verloor wat verdraagsaamheid vir ‘n vreedsame mensdom dapper bevorder het,” het Geingob gesê.

“Namens die mense en die regering van die Republiek van Namibië, betuig ek my meegevoel aan Pous Fransiskus, die Vatikaan en die familie van Pous Benedictus XVI wat in rou gedompel is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!